Sny die zucchini met ’n groenteskiller in linte. Maak so: hou die pampoentjie regop in die palm van jou hand vas en trek die skiller van bo na onder om ’n lint te vorm. Moenie te hard druk nie, anders is die linte te dik en kan die pampoentjie breek.
Verhit die olie en botter oor matige hitte in ’n groot pan. Soteer die knoffel vir sowat 1 min. Voeg die zucchini-linte by en braai tot net sag. Geur na smaak.
Haal af en roer die suurlemoenskil by. Sit onmiddellik voor.