Op 14 Oktober 2016 het Zita Pretorius die Atterbury-teater in Pretoria in vervoering gehad met haar ongelooflike talent.
Die musiek-aand het oor ’n wye reeks genres gestrek en het onder meer Afrikaanse verwerkings van klassieke meesters soos Schubart ingesluit. Een van die hoogtepunte van die aand was die Jazz-legende David Cousins wat saam met haar op die verhoog verskyn het.
Zita is natuurlik ook bekend vir haar styl en ontwerper Johan Botha het gesorg vir drie ongelooflike rokke wat Zita soos ’n ware prinses laat lyk het.
Zita is nie net ’n bekwame sangeres nie, sy ken ook haar instrumente, onder meer die klavier. Sy is lid van die Gauteng Opera-ensemble waar sy gereeld gesien kan word in ’n verskeidenheid opera-uitvoerings. Haar repertiore het ook bekende Andrew Lloyd Webber werke soos Phantom of the Opera ingesluit.
Eddie Clayton, die konsertmeester van bekende produksies soos Classics is Groot, was verantwoordek vir die musikale verwerkings. Bekende musiek soos This Is The Moment van
Jeckyl and Hyde, Don’t Cry For Me Argentina en ’n meesleurende Keltics-weergawe van Sting se Fields of Gold, was onder meer deel van die vertoning.
Zita het tydens Zita Goes Classics ook haar splinternuwe enkelsnit, Wie Weet Wat Liefde Is vir die eerste keer met haar aanhangers gedeel.
Zita Goes Classics sal van vroeg 2017 regoor Suid-Afrika aangebied word. Vir meer inligting hieroor, besoek gerus Zita se Facebookblad.