Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Fathom Media
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Zenobia Kloppers is ’n Namibies-gebore aktrise, sangeres, skrywer en besigheidseienaar. Sy het toneelspel aan die Universiteit van Kaapstad studeer en klassieke sang aan die Universiteit van
Stellenbosch.
Zenobia het in verskeie rolle in teater, radio, televisie en film deur die jare verskyn onder die ervare regie van onder meer Sandra Prinsloo, Janice Honeyman, Juanita Swanepoel, Brett Michael Innes en Maynard Kraak. Sy is benoem vir Naledi- en Fiësta-toekennings en het deel gevorm van die rolverdeling in die bekroonde produksies “Kô lat ons sing”, die “Riel van Hip Hop” en Kramer en Peterson se “Ghoema” (“Spice Drum Beat”). Sy het kritieke lof ontvang vir haar interpretasie van die titelrolle in die toneelproduksies van “Klarabelle gaan Kaaptoe”, “Fiela se Kind”, “Sarah” (die verhaal van Saartjie Baartman), asook in radio-dramas soos “Die Swerfjare van Poppie Nongena”.
In die film Fiela se Kind vertolk sy die hoofrol van Fiela Koemoetie. Ons het ’n bietjie met haar gesels om te hoor oor haar ervaring in dié rol.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die verhoog vereis ’n ander tipe energie as film. Mens “gooi” as’t ware jou energie uit in die teater sodat die mense in die verste of hoogste hoeke bereik kan word. In film is die kamera ’n “gehoor van een” en ’n meer intieme energie word dus vereis. Die kamera kom na jou toe en derhalwe kan mens meer intiem en subtiel speel, veral by die nabyskote. Albei dissiplines het hul uitdagings en hul vreugdes.
Ek en die regisseur, Brett Michael Innes, het geweldig baie gesels oor die karakter van Fiela en watter aspekte van haar hy graag wou uitlig in die nuwe film. Ek het die rol van Fiela vir die verhoogproduksie gespeel in 2007 en weer in 2018 toe ek vir twee weke vir Shaleen Surtie–Richards ingestaan het. Die karakter het dus reeds in my lyf gesit. Vir die verhoog het ek haar gekarakteriseer en gespeel soos ons almal haar drie dekades lank reeds ken: groot emosies; uitspattig en parmantig – en haar aksent was vanuit die Noord-Kaap se streke.
Maar om vir die nuutste filmaanpassing van Fiela se Kind voor te berei, het ek van voor af die roman gelees en die karakter opnuut leer ken. Ek het baie gestap om fiks te bly vir al die stappery wat Fiela in die nuwe film moes doen. Ek en die ander akteurs het ook almal gewerk met twee begaafde stemafrigters vir outentieke aksente van hoe die mense waarskynlik destyds in die Langekloof- en Knysnabos-streke sou geklink het.
Brett het gevra dat ek ’n aalwyn in die hande kry en interaktief daarmee saamleef, as Fiela. My aalwyn se naam was Kwaaitjie, want sy steek! Sy staan nou nog op my balkon. Ek het ook gaan oplees oor volstruisboerdery en hoe om aalwyn te tap.
Lees ook ons onderhoud met Melissa Willering, Nina in Fiela se Kind
Die veroudering van haar in haar liggaam en haar gees was nogal uitputtend maar ook geweldig interessant en bevredigend om te speel.
Hierdie karakter het geweldig baie fokus vereis. Ek was vir drie weke aaneen elke dag op stel. Dit beteken 5 uur in die oggend opstaan en eers 7 uur of 8 uur die aand by die gastehuis aankom.
Ek het my knie tydens die Fiela-repetisies beseer, maar gelukkig het ek ’n fantastiese fisioterapeut gehad wat my gehelp het en seker gemaak het ek kry die regte gord, ensovoorts. Soos alles met hierdie film, het die besering gehelp om ’n stappie te ontwikkel vir Fiela as ouer vrou.
Die stunt het soort van per ongeluk gebeur. Daar was ’n bekwame jong vrou wat ingekom het om my stunt te kom doen. Sy was aangetrek soos ek en als. Maar ek was so in die toneel met Fiela dat ek elke keer sommer self die val-werk gedoen het. Ek het eers na die tyd besef ek het toe eintlik (vir die eerste keer nogal!) my eie stunt gedoen!
Dit was eintlik vir my alles opwindend. Dit was my eerste hoofrol in ’n film en ek het elke dag ten volle probeer leef en ervaar.
As ek een dag moes kies wat uitgestaan het, dan is dit waarskynlik die eerste dag op stel toe ek vir die eerste keer die crew en van die rolverdeling ontmoet het. Ek was so opgewonde dat ek “selfies” met almal geneem het. Dit was fantasties!
Omrede ek dit so geniet het om in hierdie film te speel, het ek nie juis enige dele as “moeilik” ervaar nie. Eerder as “uitdagend”, “kompleks” of “intens”. Ek het immers een van ons land se mees begaafde regisseurs gehad om leiding te gee.
As ek egter ’n uitdagende toneel moes uitlig, sou dit seker die toneel tussen Fiela en Elias wees. Dit was fisies en emosioneel uitdagend. Mens kan egter net so ’n toneel doen wanneer jy die ander akteur heeltemal vertrou, en Drikus Volschenk (Elias) is ’n droom om mee te werk.
Die belangrikste ding was vir my om reg te laat geskied aan die karakter wat Dalene Matthee geskep het. Ek het ook my regisseur vertrou om leiding te gee volgens sy visie vir die film. Wanneer jy besig is om die storie te “leef” tydens verfilming, is daar nie ruimte om te dink aan die ikoniese aard daarvan nie. Die enigste druk wat ek dus gevoel het, was die druk wat ek op myself geplaas het om die karakter met soveel eerlikheid en integriteit as moontlik te speel.
Identiteit en waar jy voel jy hoort, is baie meer kompleks as bloot uiterlike faktore soos velkleur of fisiese voorkoms.
Liefde (veral moederliefde) sien nie kleur nie.
Haar deursettingsvermoë was vir my indrukwekkend.
Ek hoop dat die storie mense opnuut sal aangryp. Ek hoop dit sal sinvolle gesprekke of debat ontketen. Vir jongmense hoop ek dit gee ’n waardering vir stories uit ons verlede, want dis belangrik om te onthou waarvandaan ons kom sodat ons nie die foute van ons verlede herhaal nie. Op die minste hoop ek mense geniet en waardeer hierdie tydlose verhaal wat so mooi vertel word deur Brett Michael Innes en die ongelooflike kinematografie van Tom Marais. Ek hoop mense word meegevoer na die wêreld van Fiela se kind in die 1800’s, wat so liefdevol geskep is deur, onder andere, Chantal Carter (produksie-ontwerp) en Doret van Jaarsveld (kunsdepartement) en die hele span. Ek hoop die film inspireer mense om met hulle oumas en oupas te gaan gesels en hulle eie families se stories neer te skryf en te vertel.
Ek weet van geen aktrise wat so ’n ikoniese rol van die hand sou wys nie. Dis was vir my ’n eer en ’n voorreg om die kans gegun te word om Fiela op die verhoog sowel as vir die silwerdoek te kon speel. Ek sou dit weer doen, sonder twyfel.
Dankie dat sy die moeite gedoen het om destyds met mense te gaan gesels en hierdie wonderlike stories die lig te laat sien.
Fiela se Kind draai nou in fliekteaters. Loer hier na die lokprent:
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Bestanddele 3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…
Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay Om by die…
Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.