Zap die jakkalsies

As mens mooi gereformeerd grootgemaak is en boonop ’n skuins Calvinistiese wil-niemand-aanstoot-gee-nie klap weg het, dan het mens soms ’n bykomende hulpmiddel nodig om te keer dat alledaagse klein jakkalsies jou sorgvuldig gekultiveerde welwillendheidswingerd wegvreet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My geheime wapen is ’n verbeelding-zapper-geweer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ideaal vir iemand wat ’n hele trop irritasies met een skoot wil platvee, maar eintlik nie genoeg energie-ammunisie het vir ’n volskaalse konflik nie. Vredeliewende wese wat ek is, sal ek dus met ’n hoflike, dog effe onderstebo glimlaggie oogkontak met die rower van my bon homie-oomblik maak, maar in my kop sal ’n hondsdol ruimtewese grynslaggend ’n sekure sarsie verdamp-voor-my-aangesig koeëls loslaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As oud-joernalis wat al ’n paar grusame ongelukstonele moes besoek, en ook as ’n ma van twee, is my eerste zapper-teiken op ’n Blou Maandag in skoolverkeer gewoonlik ouers wat hulle kosbare vrag sommer so loslit of op-die-skoot in die motor vervoer. ’n Heel gesellige vroegoggend-prentjie. Maar, weet julle hoe lyk ’n tweejarige wat teen 60 km/h vanaf die agtersitplek teen ’n voorruit vasgeslinger is? Of ’n 8-jarige wat op die voorste sitplek deur ’n lugsak vermink is? Alsbehalwe ’n gesellige prentjie.

So maak vas jou kinders, magtag, al ry jy “net kafee toe”. As jou kinders vrolik rondhop op die sitplek, gáán ek jou zap – vinniger as die blou manne met hulle duur paparazzi-foto’s in die pos. Dis jou plig om jou kinders te beskerm, doen dit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My tweede weeklikse teiken is gewoonlik die lewensruimte-rower. Daai soustannie wat jou sommer so via ’n volronde boesem vyf tree vorentoe help in ’n winkeltou. Tannie, my ma het my geleer dat ek “Nee!” mag roep as iemand vir my die néé-gevoel gee. Maar, hoe sal dit nou klink as ek elke 15 sekondes kliphard “Nee!” gil in die supermarktou? Die sekuriteitswag sal my minus my brood, melk en koerant mos sonder seremonie die winkel by die winkel uitmasjeer.

Dan kry ek ook gereeld die borrelgomblaser. Iemand wat duidelik skool bunk vir die dag en seker sy maandelikse geskenkbewys van Chappies by die poskantoor kom haal. Maar, Ol’ Chap, as jy weer waag om ’n gomborrel in my ruimteborrel te blaas, sál ek summier die zapper inspan om die borrel oor jou nonchalante herkouende gevriet te laat bars en in jou koel jel-kuifie te laat verstrengel. Móénie in my rigting oorborrel nie.

Dan het ek, effe obsessief-kompulsief as dit kom by higiëne, ook ’n broertjie – of is dit bra’tjie? – dood aan die vriendelike kasregisteroperateur wat my my kaarttransaksie wil laat beklink deur ’n balpuntpen uit haar boonste kantgoedjies te haal sodat ek op die stippellyn kan teken. Néé, néé, NÉÉ!

Maar, nou sal julle eers moet wag tot die sekuriteitspersoneel my na daai uitbarsting weer toelaat in die mall voor ek julle van die res van my zapper-slagoffers kan vertel.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: blogger

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.