Jacques Cilliers geniet die vrug van sy arbeid.
Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Zandvliet Wynlandgoed in die Breederiviervallei het rede om 2025 as ‘n geskiedkundige mylpaal uit te sonder, want dis vanjaar ‘n halfeeu van oeste wat daar gevier word. Om dié gebeurtenis nog meer luisterryk te maak, is vanjaar se oes voorafgegaan deur baie raar klimaatstoestande, wat heel moontlik soortgelyke kwaliteit-wyne sal verseker.
Dit het Jacques Cilliers, Zandvliet se gerekende wynmaker sedert 2011 en slegs die vierde wynmaker in die plaas se geskiedenis, laat wonder: “Kan die 2025-oesjaar een vir die rekord-boeke wees?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jacques Cilliers, Zandvliet se gerekende wynmaker sedert 2011 en slegs die vierde wynmaker in die plaas se geskiedenis
Zandvliet is bekend vir sy uitsonderlike Shiraz en het sinoniem geword met uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
‘n Paar baie gelukkiges kon een hele dag in die wingerde saam met Jacques op die plaas naby Ashton in die Robertson wynvallei deurbring.
Eers stop vir koffie op Robertson, voor ons oorklim op die oop trokkie van die Wine Valley Safari-groep. Dis ‘n pragtige somersdag en die flappe is opgebind, dat ons die wind in kuiwe kan voel op pad na Zandvliet toe.
Daar gekom, is ons reguit na die landgoed se bekroonde Shiraz-wingerde toe. Ons kon eerstehands sien hoe die wingerde wat teen suidelike hellings geplant is – ongewoon vir dié kultivar – geil groei.
“Dit is ’n ongelooflike voorreg om Zandvliet se 50ste oesjaar te oes,” vertel Jacques ons met ‘n lekker yskoue spritzer Zandvliet Muscat met vonkelwater. In die ander hand het hy ‘n lekker vars mosbolletjie, ‘n seisoenale lekkerte met druiwemos en anys, wat eerste deur die Franse Hugenote gemaak is. Dis soortgelyk aan die Franse brioche.
“Die nalatenskap van hierdie plaas is diep gewortel in die grond en ek is geëerd om wyne wat sy unieke terroir en geskiedenis weerspieël, te kan maak.” Ons stap in die wingerde waar die druiwe ryp en vol hang, reg vir die oesspan wat binnekort hul parsmandjies hier gaan kom neersit.
Die landgoed se wynportefeulje bestaan uit drie reekse, waaronder die Zandvliet Estate Shiraz; Kalkveld Shiraz; Hill of Enon Small Berry Pick Shiraz (wie se grond deel vorm van ‘n komplekse vermenging van kalksteen, klippies en klei wat die Enon-formasie genoem word); Syrah Rosé, Cape Vintage Reserve en Pocket Power, ‘n Shiraz-gedrewe rooi versnit.
’n Sleutelfaktor agter die landgoed se volgehoue sukses met Shiraz, lê in die uitsonderlike kwaliteit van sy grond. Die wingerde floreer in horingoue kalksteenryke neerleggings, wat die perfekte grondslag bied vir wyne, wat beide struktuur en finesse vertoon. Saam met ideale aspekte en klimaat, is die grond juis die rede waarom Zandvliet ‘n klassieke assosiasie met die Rhônevallei-variëteit in Suid-Afrika en in die buiteland geniet, vertel hy, terwyl hy sy hand in glaspotte met grondmonsters van die plaas druk en aan ons beduie wat elke laag verteenwoordig.
“Mettertyd het die wynmakers probeer om hierdie kenmerke vas te vang; ‘n strewe wat telkens op plaaslike en gesaghebbende internasionale skoue beloon is. Twee opeenvolgende oesjare van Zandvliet se Kalkveld-reeks tel onder ons onlangse toekennings: Platinum-medaljes by die Nasionale Wynuitdaging en insluiting op die lys van die jaar se Top 100 Suid-Afrikaanse Wyne.
“Slegs dae later het ons 94 punte vir die Hill of Enon Small Berry Pick 2021 in Winemag.co.za se Prescient Shiraz-verslag ontvang. Die telling het ons vlagskip-wyn in die kompetisie se Top 10-wenners geplaas.”
Dis later onder in die ou sementkuipe wat oopgebreek en toe stylvol ingerig is as kontemporêre museum, wat Jacques vertel: “Zandvliet se kleurryke storie het begin met sy amptelike proklamasie in 1838. Terwyl sy wynmaakgeskiedenis na die 1870’s terugdateer, was dit eers in 1975 dat die landgoed begin het om wyne onder die Zandvliet-etiket te botteleer. Op daardie tydstip was die Shiraz-wingerd – oorspronklik voor die Eerste Wêreldoorlog geplant – gebruik vir port-styl gefortifiseerde wyne onder ‘n handelsmerk sonder enige verbintenis. Die De Wet-familie het die uitsonderlike gehalte van die druiwe raakgesien en besluit die vrugte verdien om as ‘n enkel-variëteit droë rooiwyn gebottel te word—die eerste van sy soort in die Ashton-streek.
Wat Zandvliet se Shiraz van die begin af onderskei het – veral in ‘n era toe oorbewerkte wyne die norm was – was die delikate karakter daarvan; elegant, vars en toeganklik. Hierdie eienskappe bly kenmerkend van Zandvliet-wyne.
Die plaas produseer ook die Zandvliet Muscat en Chardonnay.
Wat die 2025-oes betref, sê Jacques dat die seisoen se groeitoestande weer saamgespan het, om hierdie geskiedkundige jaar nog een van Zandvliet se oesjare te maak, waarvan baie verwag word. Jacques verduidelik van goeie Paas-reën, die Breederivier, wat sy walle oorstroom en in Julie sy 100-jaar vloedlyn bereik het en koue weke. By Zandvliet het bot byna 40 dae later as gewoonlik begin – een van die laatste wegspringe sedert sy tyd op die plaas. “Wat beteken dit alles?” vra ons. “Ons moet geduldig bly!” vertel hy laggende, voor hy ‘n stukkie tuisgebakte brood met patee smeer en sy glas met sy bekroonde Shiraz vul.
Jacques Cilliers geniet die vrug van sy arbeid.
By min ander plekke is: “gesondheid, uit die grond uit” só gepas soos hier.
Lees ook: SANBI bied gratis toegang tot botaniese tuine vir Nasionale Tuineweek!
Maak 16 snytjies Bestanddele Onderlaag 250 ml (1 k) sagte botter 140 ml…
Krag, styl en draagbaarheid vir die moderne beroepsman of -vrou MSI is al jare…
Deur Margaret Gardiner. Foto's: Willem Botha. Ek het Augustusmaand verlede jaar die eer…
Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het? Die meeste van ons…
Terte het ’n gedaantewisseling ondergaan. Hier is ’n groentetert met ’n twist! Resep deur Vickie…
Deur Maretha Botes Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir National Geographic geneem.…
Hierdie webwerf gebruik koekies.