Ons sien baie uit na die fliek-weergawe van Baywatch met Zac Efron, Dwayne ‘The Rock’ Johnson (wat in 2017 deur People as die sexieste man in die wêreld aangewys is) en Alexandra Daddario. En as jy gewonder het, Pamela Anderson en David Hasselhoff maak ook ’n draai in die fliek!
Zac Efron, wat bekend is vir flieks soos High School Musical, 17 Again en The Lucky One, het hard geoefen om sy lyf reg te kry vir die fliek. Hy het gereeld foto’s op Instagram gedeel wat sy oefenprogram insluit.
Zac het Saterdag, 13 Mei 2017 die wêreldpremière van Baywatch in Miami, Florida bygewoon en ’n donkerblou pak van HUGO se Lente/Somer 2017-versameling gedra. Zac is ook die ambassadeur vir HUGO Man-parfuum.