2 soetrissies, pitjies en wit vliesies verwyder, gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml (1 t) komyn
2 opgehoopte eetlepels tamatiepasta
’n knypie brandrissiepoeier
6 middelslag-tamaties, fyngekap
’n groot hand vol pietersielie
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 180˚C.
Sny die eiervrugte middeldeur, smeer olyfolie oor en geur met sout. Rooster vir sowat 30 min. tot goudbruin en sag. Kap fyn en laat afkoel.
Verhit die oorblywende olie in ’n oondvaste middelslagpan en braai die uie en soetrissies daarin tot sag.
Voeg die knoffel, komyn, tamatiepasta, brandrissie, tamaties en gaar eiervrug by en laat prut vir 20-30 min. oor lae hitte tot ’n dik, dieprooi sous. Geur met sout en swartpeper.