Yster is die suurstofkoerier wat elke sel in jou liggaam van sy pakkie suurstof vir energie voorsien. Te min yster beteken te min suurstof in jou selle en spiere – en ’n lewe sonder woema.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daarby is yster noodsaaklik vir breinontwikkeling by groeiende kinders en tieners. Sonder yster werk ’n volwasse brein en senustelsel ook nie te waffers nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Verder speel yster ’n dubbeldoorrol in jou immuunstelsel. Van die vorms waarin yster in jou liggaam gehou word, is ferritien (gestoorde yster) en hemoglobien (yster in rooibloedselle) en elkeen word vernuftig ingespan om bakterieë af te maai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die yster in jou hemoglobien word gebruik om waterstofperoksied (die einste blondine-in-’n-bottel chemikalie) vry te stel, wat bakterieë doodmaak. Ferritien se rol werk so: Bakterieë het yster nodig om te kan vermeerder. Jou liggaam manipuleer dié feit deur tydens ’n infeksie ferritien te vermeerder om yster vas te bind en ontoeganklik vir die bakterieë te maak. Die gevolg? Hulle kan nie groei en vermeerder nie. Sowaar slim.
Dit het ’n interessante implikasie: as mense met TB, MIV-vigs en malaria en ander chroniese infeksies yster aanvul, kan hulle juis die organismes help vermeerder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Daar is verskillende soorte bloedystertoestande, sê dr. Danie Kotzé, Kaapse hematoloog. “Hulle het verskillende oorsake. So het megaloblastiese anemie niks met yster te doen nie. Dit word deur ’n tekort aan folaat en/of vitamien B12 veroorsaak. As jy hiervoor yster sou neem, kan jy jou ystervlakke so verhoog dat jy hart- en lewerskade opdoen, jou gewrigte beskadig en diabetes ontwikkel.”
Vir pernisieuse anemie sal ’n vitamien B-aanvulling net so min soos yster help. Dié outo-immuunverwante oorsake moet eerder uitgepluis word. As jy die volgende tekens by jouself sien, moet jy dit opvolg met ’n laboratoriumbloedtoets en die regte oplossing vir jou daarop grond.
• Jy is koulik
• Jy het nie krag nie: jou spiere word gou moeg en jy kan nie deurdruk nie
• Jy het ’n vinnige hartklop
• Jy kry seertjies in jou mondhoeke en jou tong is teer
• Jy proe nie goed nie
• Jy het rustelose bene-sindroom
• Jou onderste ooglid is aan die binnekant baie bleek
• As jy op jou vingernaels druk, word hulle wit en bly lank wit voor hulle pienk word. By mense met genoeg yster keer die pienk kleur binne ’n sekonde terug.
Yster is van die aktiefste oksideerders (die teenoorgestelde van ’n anti-oksidant) wat allerlei reaksies – goed en skadelik – aan die gang kan sit. Jou liggaam bind yster in byvoorbeeld ferritien en hemoglobien om te keer dat daar vry yster is, maar as jy aanvul en jou van yster oorvoorsien, oorskry jy jou liggaam se vermoë om yster te akkommodeer.
Wat doen hierdie ekstra vry yster?
Daar is ’n skakel tussen te veel yster en byvoorbeeld diabetes en/of metaboliese sindroom, sê die Linus Pauling-instituut van die Oregon-staatsuniversiteit. Daarby kan te veel yster jou lewer beskadig. Nog ’n ernstige nadeel van ’n ysteroormaat is dat dit aan breinaftakelende siektes soos Alzheimer- en Parkinsonsiekte gekoppel word.
Hoewel ’n ystertekort seldsaam is onder mans en ouer vroue, wys Franse navorsing waarin 3 932 middeljariges 13 jaar lank gevolg is, dat postmenopousale vroue met lae ystervlakke tekens van demensie ontwikkel. Weer eens kan aannames oor jou ysterstatus jou duur te staan kom – toets en doen aanvulling rég.
Nog ’n rede waarom aanvulling net soms nodig is: Jou liggaam het ’n oulike manier om yster te behou: dit herwin letterlik ou yster. Twee derdes van jou yster is in die vorm van hemoglobien, die hoofbousteen van jou rooibloedselle. Rooibloedselle leef vier maande en sterf af. Maar pleks van die yster bloot uitskei en verloor, herwin jou liggaam dit en bêre dit in ferritienmolekules, waar dit in jou lewer gestoor word tot jy weer yster nodig het. Dit is die rede hoekom die lewer tradisioneel ’n goeie bron van yster is.
Mans raak selde ysterarmoedig, sê ADSA-dieetkundige Jeanie Nel. “Min mans het ’n aanvulling nodig. Die mense vir wie yster eintlik belangrik is, is ons. Ons verloor met menstruasie maandeliks ’n bietjie yster, en vroue wat lank of swaar menstrueer, kan bloedarmoedig raak.
Het ons ekstra yster gedurende swangerskap nodig?
“Dit klink logies dat jy nou yster moet aanvul omdat jou liggaam nou meer bloed maak om vir die baba en veral sy breinontwikkeling te voorsien. In werklikheid het die meerderheid swanger vroue oorgenoeg yster en beveel ons glad nie yster aan nie, tensy ’n bloedtoets ’n ystertekort bevestig. Ysteraanvullers is ook geneig om mense hardlywig te maak, waarmee baie swanger vroue juis sukkel,” sê Jeanie.
Atlete het soms ’n ystertekort weens bloedverlies van ’n heel ander aard, sê Jeanie. Die voortdurende impak van hul voete op die grond laat die selle in hul voetsole bars, met klein maar baie bloedinkies, waardeur hulle yster verloor. Dit het niks met hul dieet te doen nie, en die oplossing is dat hulle na ander oefening met minder impak soos fietsry of swem moet oorskakel.
Ons sê maklik iemand is anemies, sê dr. Danie Kotzé. Maar eintlik is daar verskillende soorte bloedysterprobleme:
• Gebrekkige ysterstore: Jy het geen “spaar”yster nie maar wel genoeg yster dat jou liggaam eintlik goed funksioneer.
• Funksionele ystertekort: Jy het te min yster vir jou daaglikse behoefte. Maar jy het nog gesonde rooibloedselle.
• Ystertekort-anemie: Jou ystervlak is so laag dat jou rooibloedselle verminder. Boonop krimp hulle en bevat minder hemoglobien as normaal.
• Megaloblastiese of makrositiese anemie: Dit het niks met yster te doen nie maar met ’n tekort aan folaat en/of vitamien B12. Jou rooibloedselle is tipies groot maar onvolwasse en kan nie doeltreffend funksioneer nie.
• Pernisieuse anemie: Hierdie soort is te wyte aan outo-immuunsiektes wat die maagwand vernietig. Sonder dié selle kan jou liggaam nie vitamien B12 opneem nie.
1 Eet vleis: Oesters, rooivleis, hoender, eiergele en vis soos tuna (geblikte tuna tel ook) bevat heemyster, die vorm van yster wat ons die maklikste opneem.
2 Eet plantyster as jy anemies is: Volgens die Linus Pauling-instituut neem bloedarmoedige mense skynbaar makliker nie-heemyster op. Vir jou is rosyne, pruimedante, spinasie, aartappels met skilletjies, lensies, kasjoeneute, kase, melk en jogurt die beste.
3 Vermy dít: Nie-heemyster is baie sensitief: eet dit saam met die verkeerde kosse en jou liggaam neem tot 50% minder daarvan op. Vermy in die twee uur voor en ná jou nie-heemysterkos meel (gebak, brood, beskuit), rys, koffie, tee, wyn, soja en tofoe.
4 Eet dít saam: Aan die ander kant help party kosse jou opname van nie-heemyster, soos vitamien C (in veral lemoene en koejawels) en jogurt (veral amasi, wat meer melksuur as Bulgaarse jogurt bevat). Interessant genoeg help kosse met heemyster dat jy ook makliker nie-heemyster opneem.
• Oesters met suurlemoensap
• ’n Tjoppie met ’n aartappel in die skil
• ’n Hand vol rosyne, kasjoeneute en kaasblokkies saam met biltong
• Geblikte tuna met suurlemoensap en maaskaas
• Drink daarmee saam vars lemoensap (vir die vitamien C daarin), of water. Vermy tee, koffie en wyn vir twee uur ná jou “yster”-ete.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.