• 1 klein geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• sap van een lemmetjie
• sout en swartpeper
• 1 k ys of water
Opdiening
• 2 perskes, in skywe gesny
• 2 nektariens in skywe gesny
• 2 e (30 ml) olyfolie
• 12 garnale, skoongemaak, doppe afgehaal
• 300 g kersietamaties in verskeie kleure, middeldeur gesny
• ’n handjie vol vars basiliekruidblaartjies en kruisement
Instructions
1 Blansjeer die garnale vir 1-2 min in kookwater gegeur met sout en dompel in yswater. Dreineer en hou eenkant. 2 Verhit ’n riffelpan oor matige hitte. Verf die perskeskywe liggies met olyfolie en braai tot die riffellyne sigbaar op die skywe is. Hou eenkant. 3 Verwerk die res van die perskes, komkommer, tamaties en soetrissie in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg die lemmetjiesap by en geur met sout en swartpeper. 4 Sit die sop yskoud en dadelik voor (die perske sal verkleur) en garneer met die garnale, geroosterde perskeskywe, vars nektariens, gesnyde tamatie en vars kruie.