kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Sy

’n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om ’n klomp dames met die bogenoemde karaktereienskappe in Johannesburg te ontmoet. Dit is werklik verfrissend om hulle met elke ontmoeting beter te kan leer ken. Van toe af het ons reeds ’n paar projekte aangepak en elke keer is spesiaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is bevoorreg om vir die derde keer saam met die dames van Black Gosling te werk. Met die eerste ontmoeting het ons die Vat Die Rap-projek aangepak. Die doel daarvan was om vorige welbekende Afrikaanse liedere met rymklets te meng. Dit het die insette van 5 kunstenaars aan albei kante geverg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is Rina Hugo besig om deur my lirieke te lees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek was bevoorreg om die lied “Al Lê Die Berge Nog So Blou” saam met Rina oor te doen. Sy is so ’n aangename en opregte vrou en ons het ’n hond uit ’n bos gesels! Intussen het ek die lied by die 2016 Ghoema-toekennings saam met Monique gesing waar ons ook die verhoog met Hemelbesem en Steve Hofmeyr gedeel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die musiekvideo:

Die musiekvideo was by Open Room Studios in Greenside geskiet. Hier sit ek saam met die eienaar Darryl Torr. Alle opnames vir die Vat Die Rap-projek was ook hier gedoen.

Die tweede projek wat ons saam aangepak het, Jy!Geld, word tans op kykNET uitgesaai. Werklik ’n merkwaardige inisiatief wat poog en daarin slaag om vroue te bemagtig en in te lig oor hoe om beter met hul geld te kan werk en uiteindelik hul geld vir hulle te laat werk. Dit behels onder andere hoe om te belê, te begroot, te bespaar, ens. Dit het vir my baie beteken om deel daarvan te wees. Nie net omdat dit prettig was nie, maar omdat ek so baie kon leer! Ons het 3 episodes saam opgeneem, waarvan twee reeds uitgesaai is. As julle dit nog nie gesien het nie sal ek julle sterk aanraai om hierdie program te volg. Die goeie terugvoerig oor die reeks vanaf kykers is ’n bewys dat dit die moeite werd is. Welgedaan Black Gosling-span! Ek sal weer in die laaste episode ’n verskyning maak, so moet dit nie misloop nie. #YOMAisopdietv

Die derde projek is ’n musiekvideo wat ons ’n paar dae terug by die Pretoria Dieretuin geskiet het. Hierdie dames is werklik veelsydig. Almal kan ’n bietjie van als doen – dis dalk waarom hul maatskappy so suksesvol is. Die ervaring met hulle was onvergeetlik! Ons het twee dae geskiet en alles het seepglad verloop. Die eerste oggend was ons teen 05h00 op om met hare en grimering te begin, en ons het teen 17h30 kaargemaak. Die tweede dag was ons teen 04h00 op om die #Willekat persona reg vas te vang! Ons het tot 15h00 geskiet. Die dae was lank en warm, maar daar was nie een dull oomblik nie! Die span het regtig uit hul pad gegaan met hierdie een. Plus die dames is gaande oor die enkelsnit! Ek kan nie wag om meer te deel oor die konsep agter die musiekvideo asook die lirieke nie. Die video sal binnekort die lig sien. Ek hoop dat dit vele ander vroue sal bemagtig soos dit my bemagtig het. #Willekat sal die tweede enkelsnit vanaf my album #Moedertaal wees. Ek hoop julle is saam met my opgewonde. Julle ondersteuning en liefde is alles. 🙂

Dis so spesiaal om al hierdie dinge te ervaar en my drome uit te leef met my kleinding net hier by my. Ek is tans 26 weke swanger en op hierdie stadium is baba baie woelig. Elke dag is ek dankbaar dat God my gekies het om hierdie kleinding te dra. Ek is reeds ’n trotse ma! Na daardie twee dae het dit my omtrent ’n dag en ’n half geneem om uit te rus en toe was ek weer op die bol! God het regtig sy tyd geneem om vroue te skape. Kyk wat kan ons als doen, kyk hoe sterk is ons.

Elke vrou dra ’n Willekat binne haar. Elke vrou is merkwaardig.

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

6 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.