kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA se blog: Vat dit rustig

Die son kom op en sak weer, intussen gebeur daar miljoene dinge. Te veel vir die mens om mee track te hou, want elkeen fokus op hul eie dinge. Die lewe is ’n gejaag en die meeste van ons wil iets bereik, party meer dringender as ander. Tydens die beplanning en uitvoering skaaf en skuur ons verby mekaar, ons voel mekaar, maar word met tyd minder bewus van die ander se teenwoordigheid. Selfs op ’n warm dag is daar ’n koudheid wat heers, want ons kyk rond maar sien min en hoor, maar luister nie. Soms vorm jou ma deel van hierdie groep, veral as my kop vol take is wat ek moet verrig. Dis nie lekker nie, want ek kan eenvoudig nie als inneem en aandagtig wees soos wat my hart verlang nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek dink aan jou daar waar jy lê en herhaaldelik woel. Ek wonder hoeveel klanke en geluide jy alreeds in jou brein begin stoor en van hoeveel dinge jy bewus is. Tyd maak mens nuuskierig; hoe meer jy sien en leer, hoe meer wil jy weet. Maar vat dit rustig my kind, moenie jouself bekommer en oorhaastig wees nie, want  als verloop soos dit moet. Vandat ek bewus geword het van jou hier binne my, het ek seker gemaak dat ons gesond en genoeg eet, slaap en rus inkry, warm en koel waar nodig bly, baie water drink, alkohol vermy, elke doktersbesoek nakom om seker te maak jy’s sterk en gereed vir die reis van die lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer jy hier aankom, sal dit so voortduur. Ek sal steeds na jou omsien tot daar waar jy meer kan doen as om net op jou eie twee voete te staan. Ek het geleer dat ma-wees strek tot daar waar my siel en liggaam weg van mekaar breek en ek die gees gee. So, wanneer als besig begin word en dit vir jou voel of jy jou kop tydens die proses verloor, wil ek hê jy moet rus vind in die wete dat jou ma daar is. Die tyd sal aanbreek waar die lewe elke liewe stukkie van jou gaan wil neem, maar tot dan moet jy jou rustyd geniet. Vele mense maak die fout om te sprint tot by die volgende ding. ’n Konstante gejaag put mens uit en jy kan nie wil huig wanneer jy daar arriveer nie. Tyd vlieg verby en eendag sal jy lag oor skoene en klere wat te klein geword het en wonder wat tyd met jou liggaam doen en steeds sal doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou tyd sal kom, so rus nou, jy moet rus terwyl jy kan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook – YOMA

Twitter – @YOMAIsAfrikaans

Instagram – Claudia Witbooi/YOMA

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.