pexels.com
Wanneer julle na my Moedertaal-album luister, sal julle agterkom dat ek nogal gefrustreerd raak met die feit dat ek nie koffie kan drink nie en dis nie iets wat ek kan uitblokkeer nie, want koffie is oral.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die reuk en aroma van koffiebone wat die lug met ’n aangenaamheid besaai, is genoeg om enige iemand se dag te maak, behalwe as jy nie ’n slukkie daarvan kan kry nie. Ek is nou nie ’n persoon wat glo mens moet elke dag ’n koppie koffie drink nie, maar ek waardeer goeie koffie. Veral ’n lekker sterk cappuccino wat my hart so langs haarself laat klop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek moes begin dink hoe ek lig rondom hierdie scenario kon skep, want ek kan nie toelaat dat iets my keer op keer onderkry nie. Ek het toe maar iets rondom moer geskryf om beter te voel … Daar’s ’n snit op my album wat daarondom handel, maar ek is die moer, moer vir mede swanger vroue wat in dieselfde bootjie sit. Dus, as jy koffie kort wil ek net sê, YOMA is hier en YOMA verstaan!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jy koffie benodig, YOMA is hier.
Ek’s goed vir die gemoed in ’n seldsame uur.
Bitter of soet,
Ek cater vir wie ookal my need.
So vat ’n slukkie en waardeer my, moer.”
Buiten dit is daar redelik ander wonderlike voordele wat koffie inhou wat van toepassing bo-op die vel is.
Ek deel graag ’n paar wenke:
Die anti-oksidante in koffie help om die vette af te breek wanneer dit as ’n skropmiddel op die probleem-area gebruik word. Jy kan dit sommer in die stort doen, want stoom help om die porieë oop te maak en die skrop beter te laat werk.
Jy kan sagte kitskoffie gebruik. Meng dit met ’n lepel klapper- of enige ander natuurlike olie van jou keuse. Ek stel voor jy doen dit twee keer per week. Dit is veral ’n goeie wenk vir vroue wat oefen en sukkel om van selluliet ontslae te raak, dit maak die proses aansienlik makliker.
pexels.com
Jy meng ’n eetlepel koffie in jou opknapper, wend dit aan en wag dan vir omtrent 5 minute voor jy jou hare afspoel. ’n Wonderlike alternatief vir swanger vroue wat versigtig moet wees vir harde chemikalieë.
“Druk jou vinger in en check die temperature.
As jou melanien nog vassit aan jou vingerpunte.
Mag jy slukkend ruk die way my hitte stir.
Dis gemeng met ’n 100 grade celcius sir.
So kan jy die inhoud van jou YOMA proe.
Kaffiëne in jou maag bru.
Wakker bly, jy sal hartkloppings kry.
Tot hierdie MC haar sin kry.
Kom by as ’n MC dors kry
Deel ek my moer en bring daai dude by.”
Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS.
Niks is so erg soos wat mens dit soms maak nie. Als verg wel geduld, want oor ’n paar maande kan ek weer koffie drink! Plus, ons vroue het nie verniet uithouvermoe gekry nie, ek sal eerder wag as wat ek iets doen wat my kleinding kan seermaak. Hierdie kind is my alles!
pexels.com
Ek wil graag meer van julle hoor!
As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:
Facebook – YOMA
Twitter – @YOMAIsAfrikaans
Instagram – Claudia Witbooi/YOMA
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.