kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Hierdie liefde

Daar’s min dinge so soet soos die wete dat jy genoeg is vir die persoon wie jy liefhet. Vir my is pasmaats meer as net die hand van jou beterhelfte wat perfek in joune pas. Dit kom neer op hoe julle mekaar dra, op kommunikasie, omgee, respek, liefde, priotisering, doelwitte, fondasie, fokus, ag die lys gaan aan. Daar is soveel dinge om in ag te neem wanneer jy ’n pasmaat kies, jy moet jouself nie net goed ken en verstaan nie, maar jy moet min of meer weet wat jy in die lewe wil hê asook waarheen jy op pad is. Buiten die tegniese aspek van “die regte een” is daar natuurlik ook die romantiese sy wat my vrouwees heeltemal opraap. Alhoewel sterretjies jou oë mooi blink maak, is dit effens moeilik om “mooi” te kan sien. Maar ’n band wat jou rug laat kielie is darm ’n lekker ding, daarom kan mens seker net glimlag as iets so opwindend jou pad langs kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons ontmoeting was onverwags maar terselfdertyd aangenaam en verfrissend. Ons het vir ure gestaan en gesels waar ons, ons siening oor verskeie dinge gedeel het. Van dit waarvan ons hou, nie hou nie, wat ons wil bekom, wat ons dink ons doel in die lewe is, wie ons inspireer, of katte slimmer as honde is, en so meer. Die gesprek was meestal diep met grappe tussendeur – ons albei het nogal ’n goeie sin vir humor (groot bonus). Ons het, nes ek daarvan hou, vir ongeveer agt ure lank gestaan en gesels. Ek glo: “as julle nie kan gesels nie, gaan dit nie werk nie”, en in my boek is goeie kommunikasie en eerlikheid alles.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dinge het daarna aansienlik vinnig begin optel. Ons het wel eers na 4 maande ’n verhouding aangeknoop want ons wou eers seker maak van ons saak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na ’n jaar van dating het hy my gevra om te trou en ek was heeltemal uit die veld geslaan! Ek onthou ons was in Langebaan by Leroux Van Vuuren se restaurant “Lekker By Die See” en net toe Simon my die ring wys, bedien Leroux die hoofgereg en steek die vleis aan die brand. Ek is nie seker wat die dis genoem word nie, maar ek het begin huil. Dit het so vinnig gebeur en was te veel vir my, ek was deurmekaar, geskok, in ekstase en smoorverlief. Leroux en span was natuurlik in op die hele ding, want hulle was omtrent vol smiles en daar sit ek in trane terwyl Simon vir ’n antwoord wag. Ek kon nie dink nie, hy moes eers om die tafel tot by my stap om my vas te hou sodat ek kon bedaar en weer op dreef kom. Toe ek uiteindelik ’n grip op myself kry, het ek Simon in die oë gekyk, geglimlag en gesê: “Nou gaan jy dit (reg doen) deur op jou knie te gaan.” Hy’t natuurlik gedink ek maak ’n grap totdat ek die glimlag van my gesig afgehaal en my linker wenkbrou gelig het. En sowaar, daar staan hy op, gaan op sy knie en vra my om sy vrou te wees! Dit het gevoel soos ’n sprokiesverhaal, als was perfek en die kos was heerlik!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die onderste foto is geneem net voor ons die restaurant binnegegaan het. Soos julle kan sien weet ek van niks.

’n Paar maande daarna word ons een oggend wakker en besluit om te trou. Ons het na ons skedules gekyk en die vroegste datum gekies. Vriende en familie was nie juis beïndruk nie omdat als binne ’n maand moes gebeur. Baie mense het ingespring om te help en na ’n maand se beplanning kon ons trou. Dit was die beste dag van my lewe en ek onthou dit soos gister.

Foto: Lindsey Apollis

Ek dink terug aan ons gesprekke oor kinders kry, wat dit vir ons albei beteken en nou is ons hier. Dis ’n eer en voorreg om juwele van die lewe met jou te deel, my liefling.

Simon is natuurlik ook op my #Moedertaal-album en die een lied getiteld “Dit Was Goed” handel oor hoe alles mooi uitgewerk het tot op die punt waar ons nou is. Nie almal is bevoorreg om saam met hul pa groot te kan word nie en ons kleinding het die beste een!

Lirieke uit my lied: Dit Was Goed met Hemelbesem

Baby weet jy wat, jou pa is daar

Daar’s so baie dinge wat ’n vrou deurmaak

Op die aardkors maar ma laat dit daar.

Want hier staan ek nou,

Gevul met die volheid van jou.

Daar’s so baie dae waar dit tough raak

want my bene weier om op te staan.

Maar hy tel ons op,

Hy’s ’n wonderwerk hierdie man.

Wat my bystaan waar dit saak maak, wat my hart raak

Wie my sag maak en dit was goed.

Die samesmelting van ons DNA

Want ons liefde is vasgevang in ’n babalam

Dit is jy, ons is opgeraap en oorgehaal.

Die’s beide pa en moedertaal

Wat liefde maak deur woordkuns

Binne daai is jy die middelpunt …”

Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS.

Tyd het so vinnig gevlieg, volgende maand is ons kleinding hier en dan sal my album vrygestel word. #Moedertaal is my hart en siel gestort in ’n projek.

Hierdie liefde is my gunstelling- rooi hoed, dit is sagte dou wat val na ’n warm dag.

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook – YOMA

Twitter – @YOMAIsAfrikaans

Instagram – Claudia Witbooi/YOMA

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.