Wille Kat vang vas hoe fierce elke vrou kan wees. Alhoewel vroue sag en broos mag voorkom, maak dit haar nie ’n swakkeling nie omdat elke vrou ’n wilde kat binne haar dra. Wille Kat handel oor ek wat swanger is en dat vroue nog steeds mooi en sexy moet voel tydens hul swangerskap. Ek het die lied geskryf nadat iemand ’n musiekvideo vir my wou skiet waarin ek letterlik met ’n wilde kat in ’n woud stap. Dit het deur die mat geval maar ek is dankbaar, want ek kon toe saam met die talentvolle dames by Black Gosling werk. Hulle het met voorstelle vorendag gekom om die sag én wild van ’n vrou vas te vang en ons het saam op die gekose tema besluit waar ons my YOMA- asook Wille Kat-persona uitgebeeld het. Dit was ’n absolute voorreg om saam met hulle te werk, hulle is so professioneel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Wille Kat is gekoppel aan instink. Vroue is oor die algemeen meer sensitief tot wat in en om hulle aangaan en dis wonderlik want instink tree in wanneer dit moet en lei mens in die regte rigting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Swangerskap het alles omver gegooi; dit het alles vir en van my verander. Hierdie ervaring is so diep en mooi dat ek dit met almal wou deel en dis presies wat ek gedoen het op my album Moedertaal. Terloops, ek was ses maande swanger tydens die opname van die video vir Wille Kat!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Moedertaal is my hart en siel gestort in ’n projek. Omdat ek na ’n wye verskeidenheid musiek luister, was dit vir my belangrik dat dit op my album moet oorkom, dus glo ek dat daar iets vir almal is. Die album word volgende maand vrygestel en ek kan nie wag om dit met almal te deel nie!
Dit is ’n absolute eer om saam met ’n legende soos DJ Ready D te kon werk, hy het soveel deure oogetrap vir Hip Hop in Suid-Afrika met Prophets Of The City en doen steeds so voort. Hy’s een van die nederigste mense wat ek ken. Daardie voëltjie fluit die waarheid! Ek deel ook ’n bietjie van my ervaring om saam met Coenie te werk in my blog vir rooi rose. Dis humbling om saam met kunstenaars te kon werk wie ek respekteer.
Dis moeilik om te sê want ek hou eintlik van alles, maar een van die liedjies wat my na aan die hart lê is Oos Wes. Ek praat oor my stamboom en alhoewel ek ’n mengelmoes van bloedlyne is, is dit noodsaklik om trots te wees op wie jy is, want daar’s mooiheid in diversiteit. Raj Mohan, ’n Nederlandse kunstenaar wat onder andere Hindi-musiek skryf, feature daarop en my hart klop blomme wanneer ek daarna luister.
As ek ’n keuse gegun sou word om my geslag te kies, sou ek weer kies om ’n vrou te wees. Vrouwees is ’n voorreg en moet gevier word, veral in die hip-hop-kringe waar vroue harder moet werk om erkenning en respek te verdien. Dis belangrik om my reis as ma te deel, want soveel mense is onbewus van wat dit alles behels. Ja, mens kan gaan oplees oor swangerskap, maar die internet deel nie sy hart met jou en die fyn detail van wat psigies met die vrou gebeur nie. Deur my storie te deel breek dit ook moontlike wanpersepsies.
Ek is op die oomblik in George (waar ek grootgeword het) en ek is dankbaar om die tyd saam met familie te kan spandeer. Ek is in my negende maand van swangerskap so ek is meestal by die huis, ek blog nog weekliks vir rooi rose en sal so voort doen tot in Desember.
Hip Hop het my hart reeds op hoërskool kom steel, maar ek het dit eers ernstig begin aanpak toe ek klaar was met skool. Ek is verlief op die kultuur daarvan, op dit waarvoor dit staan en op die hoop wat dit vir jongmense bring wat uit haglike omstandighede kom.
My ontmoeting met Hip Hop was Engels, daarom het ek in Engels gerym. Maar omdat my moedertaal Afrikaans is, kon Engels nie wie ek is die beste onderstreep nie. Dus het ek stelselmatig in Afrikaans begin rym tot waar ek dit uitsluitlik in Afrikaans begin doen het. Ek hoop dat dit ander die liberty sal gee om ook hul ding in hul moedertong te doen, want saam met taal kom kultuur en identiteit. Almal was nie noodwendig tevrede met my keuse nie, maar gelukkig het dit baie vroeg in my loopbaan gebeur so die skade was nie te drasties nie.
Dit kan soms swaar wees, omdat mense bietjie langer vat om verandering te aanvaar, maar terselfdertyd is dit bevrydend en ’n voorreg.
Coenie de Villiers, Stef Bos, Hemelbesem, Cream, Jaak Spraak, Burni Arman, Spoegwolf, Ixa … onder andere.
Dit is ’n naam waarmee ek kan groei en dis lekker dubbelsinnig (ek is “YOMA” en “jou ma” in Afrikaans). Ek wil ook nuwe betekenis bring aan die konteks waarin “Jou Ma” gewoonlik gebruik word in die hoop dat dit nie altyd negatief sal wees nie. Dus was een van my eerste enkelsnitte “YOMA SIN” getiteld.
Oor die algemeen dink ek meer vroue moet die bereidwilligheid hê om die volgende vrou te kan bemagtig; ons het dit nodig. Daar’s soveel druk van alle kante af en daar word vir ons voorgesê hoe en wie ons moet wees. Omdat ek ’n boodskap het en daagliks geïnspireer word deur sterk vroue, is dit vir my belangrik om dames nie net bewus te maak van hoe spesiaal hulle is nie, maar ook van die mag wat elkeen besit om ’n verandering te kan maak, al is dit hoe groot of klein; dis steeds ’n verandering. Musiek is kragtig omdat elkeen wat daarna luister dit op hul eie manier interpreteer -dít laat my toe om direk met die psige en harte van mense te praat. Musiek is my alles.
Identifiseer wie jy is en wat jy na die tafel toe wil bring; kry rigting voor jy iets wil aanpak – dit help gewoonlik om teleurstelling te voorkom. Moenie terugstaan vir dit wat onmoontlik voorkom nie en moenie toelaat dat enigiemand jou klein laat voel nie. Jy is ’n geskenk van bo, geplaas op die aarde met ’n doel in gedagte. Doen jou ding!
Daar is ’n paar, maar een is dat mens nie die goedkeuring van ander nodig het om as toestemming te dien vir dit wat jy wil doen of bereik nie. Jy moet dit goedkeur, jy moet tevrede wees daarmee, want jy gaan die wilskrag moet uithaal wanneer dit moeilik begin word en dan is daar niemand om jou te help nie.
Ek wil hê my kind moet weet dat my kind genoeg is.
Aangename verrassings, lekker kos, om ligsinnig te wees saam met familie en vriende, mense se neigings en gesigsuitdrukkings, kinders wat leef asof elke oomblik hul laaste is …
Mense wat hulself minag deur te glo hulle verdien nie die goed en die mooi in die lewe nie.
Ek wil fiks word om saam met my familie in die berge te gaan hike, te swem onder watervalle en in kristalpoele.
Kyk hier na YOMA se musiekvideo Wille Kat:
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…