Al was ek nou en dan op die boud gepiets wanneer ek ongehoorsaam was, het ek vinnig weer bygekom, want om gelukkig te wees was vir my ’n prioriteit. Dit moet eintlik altyd ’n prioriteit wees, maar ons raak so vasgevang en plaas onsself so maklik laaste.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dinge het ’n bietjie meer gekompliseerd begin raak soos wat ek opgegroei het en meer kennis en ervaring bygekry het. Skielik was daar meer dinge om in ag te neem wanneer my hart seergekry het of iets onplesierig gebeur het. Mettertyd het dit as noodsaak begin dien om die negatiewe gevoel en wete te verleng. Dit was nie vir my eie gewin nie. Ek het dit toegepas wanneer ek gedink het die situasie verg dit. Asof dit my werk was om die persoon wie die tydelike seer veroorsaak het, ’n les te leer. Ek sit en lag hier vir daardie einste redenasie. Kan ’n mens jouself so belas? Ons kan nie die curve balls van die lewe keer nie, maar nadat dit ons getref het, hoef ons dit nie op te tel en in ons sakke te druk nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek het later jare ook bewus geraak van kalwerliefde. Dit is soos ’n intense, afgewaterde weergawe van die diep en real deal. Maar wanneer dit sny, skend dit, al is dit net tydelik. Dan was daar ook gevalle waar ek mense na aan my verloor het. Ek sal my oupa Hans as voorbeeld hier gebruik oor hoe my sienswyse na sy heengaan verander het. Ek het begin dink dis beter om my hart te beskerm. Ek wou myself nie eens meer toelaat om werklik die diepte van liefde vir my ander familielede te voel nie. Die wete dat ek hulle ook eendag gaan verloor het te seer gemaak. Ek was bang om weer deur daardie seerkry te gaan. Ek het eenvoudig nie geweet of ek dit weer deur so ’n episode sou maak nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Na 7 jaar van hierdie afgeslotenheid het ek besef dat ek my eie lewe kompliseer. Dit hoef nie so te wees nie. Die lewe gaan aan. Ek kan meer voorbeelde noem, maar die punt wat ek wil maak is dat seer ’n mens met tyd verhard. Ek het die wysheid wat daarmee gepaard gaan waardeer, maar nie die letsels nie. Al dien dit as herinnering. Ek het ook besef dat dit nie in mure rondom jou hart hoef te ontaard nie, en dat daai bloot die werk van vrees is.
Met my swangerskap en al die onsekerheid wat daarmee gepaardgaan, het ek myself in ’n mate weer by daardie kruispad gevind. Ek was weer skrikkerig omdat ek nie geweet het wat om te verwag nie. Plus die moontlikheid dat iets skeef kon loop nadat doktors my daarvan bewus gemaak het, het nie juis gehelp nie. My kop het geraas. Maar ek het die volume sagter gedraai. God gee jou nie ’n geskenk as jy nie weet hoe om daarna om te sien nie. Nie dat die swangerskap per toeval gebeur het nie, maar dis sekerlik net menslik om dinge soms te oorkompliseer.
Maar hier sit ek, met my hart op my mou. Sagter as ooit, broos en sonder vrees. Die liefde vir my kleinding is die rede daarvoor. Dit het genesing gebring en doen steeds so voort. Snaaks, want ek het gedink ek’s okay. Totdat nog ’n muur val en nuwe perspektief bied. Dis nogals skokkend om te besef hoe ek myself eintlik gefop het. ’n Mens raak ook so besig dat jy soms vergeet van kleiner letsels wat aan die onderkant van jou hart hang.
Maar ek’s dankbaar om ligter te kan lewe. Vir rus, eenvoud en stilte. Hierdie kleinding is ’n geskenk op so baie vlakke. Dit maak van my ’n beter mens. God is ongelooflik.
Lirieke uit my lied: My Blom
Ek was rots-agtig, met ’n sagte gelaat.
Sand het gevorm na die wind hard teen my klippe gevaar het.
Na maande se reënval het my grond vrugbaar geraak.
Erdwurms het deur my lyf begin vaar.
Saad kon ontkiem, lewe was welverdiend.
Stadig, het asemhaling begin geskied.
’n Hartklop het ritme gebied.
Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS.
Onthou altyd: Al is sterk winde onplesierig, moet ons dit nie toelaat om die kamers van ons harte koud te waai nie. Ek onthou die toestand van my hart as kind en ek voel ek is weer daar. Lig, gelukkig en dankbaar.
Ek wil graag meer van julle hoor!
As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:
Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.