kategorieë: BlogsOntspanning

Yoma: Dis dalk die hormone

Okay, kom ons begin by die begin. Wat is hormone? Dit is die afskeiding van ’n endokriene klier wat deur die bloed oorgedra word aan die weefsel waarop dit ’n spesifieke effek het (of sal ek eerder sê: aan die vrou, op wie dit ’n spesifieke effek het).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As vroue word ons rondgesleep deur hormone vanaf ’n jong ouderdom. Dit het wel nie ’n drastiese uitwerking op elke vrou nie, maar dit beteken nie dit is nie ’n realiteit nie. Met menstruasie het ek altyd gevind dat ek meer happerig is tydens daardie paar dae. Snaaks genoeg het ek geen beheer daaroor gehad nie en al wat ek kon gee was ’n apologie aan familielede wie gewoonlik daaronder moes lei. Daar is mense wat glo dat dit “all in the mind” is, en ek kan die redenasie insien as jy dit nog nie self ervaar het nie. Maar dis nie okay om elke volgende vrou as ’n leuenaar af te maak wat wel daardeur gaan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek moet bieg, vir my is dit belangrik om logies te wees en verskillende hoekpunte te bekyk voordat ek tot ’n slotsom kom, maar wanneer hormone oorneem is daar nie juis plek vir logika nie. Dis asof ek in ’n ander mens verander. Gedurende my swangerskap het hormone my nie veel probleme gegee nie. Ek was ewig dankbaar daarvoor, maar dit begin meer gereeld kop uitsteek. In party gevalle noem mense dat swangerskap ’n lekker verskoning is om jou “cool” te verloor en hormone die blaam te gee. Maar gelukkig is ek ’n eerlike mens en het ek nie die krag om onnodig te wees nie. Dus, in my swanger geval is dit alles behalwe verskonings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het ’n bietjie navorsing gedoen, om te bewys dat dit wel die gevolg van ’n chemiese reaksie in die liggaam is dat jou gedrag beïnvloed word en nie die vrou is wat noodwendig onnodig moeilikheid soek nie.

(hCG)- menslike chorioniese gonadotropien. Dit staan ook bekend as die “aankodiger van swangerskap.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In ’n normale swangerskap verbubbel die vlak van (hCG) sowat elke twee dae vir die eerste 10 weke. Dit hou ook estrogeen en progesteroon in hul gepaste vlakke totdat die plasenta genoeg ontwikkel het om hierdie funksie oor te neem.

Hierdie baby alleen is verantwoordelik vir gereelde piepie breaks en naarheid. Dus is die term “morning sickness” misleidend want dit kan soggens of in die aand gebeur. Bo dit als is progesteroon en estrogeen maar die oorhoofse kabouters wat moeilkheid maak.

Progesteroon het byvoorbeeld dieselfde effek op die brein as slaaptablette. Dus veroorsaak dit lomerigheid en duisligheid. Dit versag ook kraakbeen, daarom kan dit verantwoordelik wees vir die heup-en skaambeenpyn wat dikwels swangerskap vergesel. Hierdie is iets waarmee ek baie sukkel, veral na ’n besige dag kan ek baie aande nie eers loop nie. Gelukkig het ek ’n sterk man wat my rond dra.

Dis belangrik om navorsing te doen wanneer jy onseker is oor iets. Dit stel ’n mens gerus om te weet dat jy nie jouself verbeel of besig is om die plot te verloor nie.

Hormone affekteer ook die vlakke van neurotransmitters. In leke taal is dit maar die mannetjies wat ’n spesifieke boodskap so vinnig as moontlik deur jou liggaam versprei om die job gedoen te kry. So, al besluit ek dat ek vandag oppie bol gaan wees, as die boodskap van die mannetjie my versoek teëstaan, sal ek maar net langs die bol moet staan en klaar.

Tydens my 7de maand van swangerskap is dinge ’n bietjie rowwer wat my emosionele vlakke betref. So ja, my emosies word rondgepluk, maar weet julle wat, ek het dinge vir myself in plek gestel. Kom ons noem dit ’n daaglikse mantra. Elke dag het ek positiewe dinge wat ek vir myself sê, soos: “Jy’s mooi genoeg. Jy’s lank genoeg (grappie, ek is so stomp soos nog iets). Nietemin, ek is seker julle kry die idee. Die doel hiervan is om my logika te versterk sodat die feit dat alles van my emosioneel asook fisiek verander, my nie onderkry nie.

Julle moet dit probeer. Al is jy nie swanger nie. Daar is soveel druk van alle kante af wat vroue ervaar. Ons word gesê hoe ons moet lyk, hoe ons moet aantrek en hoe ons onsself moet gedra. Hoe verwag die wêreld jy moet jouself wees as jy nie jouself kan wees nie? Maar probeer hierdie oefening wat ek genoem het, dit help dat die druk van die media en mode jou nie onderkry en in ’n boksie plaas nie. Confidence is key! Maar selfvertroue moet van binne af kom. Dit kom neer op jy wat in jouself glo en so straal dit deur wie jy is.

Vroeër vanjaar by ’n spa in Swakopmund met ’n non-alkoholiese drankie

Onthou, jy’s goed genoeg, mooi en sexy genoeg! Moenie toelaat dat enigiemand jou anders laat dink nie. Plus, om jouself voor die spieël te komplimenteer maak nie van jou ’n arrogante vrou nie. Wees lief vir jouself en bederf jouself. Ons trotseer genoeg! Elke vrou is ’n heldin, elke vrou is ’n godin. Kyk hoe sterk is ons, kyk wat kan ons als doen!

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

1 hour Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

16 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

22 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

23 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

23 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.