kategorieë: Bekendes

Yollie en Ouboet is terug

Wat gebeur as Yollie, Ouboet en Hendrikkie sak en pak uit Orkney trek? Hulle bevind hulself in die buitewyke van Johannesburg waar Ouboet en Hendrikkie hulself as entrepeneurs posisioneer en elkeen hul eie besigheid bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier kom ’n ding, want die splinternuwe sitcom uit die pen van Willie Esterhuizen bring gunstelingkarakters uit sy vorige werk weer bymekaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: kykNET

Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis en Molly en Wors word spitsvondig en met groot deernis saamgemeng. Die resultaat is ’n komiese reeks met Frank Opperman, as Ouboet van Orkney, aan die stuur van sake. Wors Visagie, (Willie Esterhuizen) is sy staatmaker vriend en konfidant en natuurlik is altwee se vrouens ook betrokke. Yollie (Sally Campher) en Molly (Liz Meiring) hou nie net hul mans op hulle tone nie, maar wys dat oud beslis nie koud is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kinders, wat nou al mooi groot is, maak ook gereeld hul verskyning. Hendrikkie (Kaz McFaden) en Gielie (Wynand von Vollenstee) moet die ooms in toom hou. En wat sal ’n reeks wees sonder ’n blonde bombshell? Boeboe, (Liane Heyl) of te wel “Antie Boeboe” vir Gielie is terug in al haar glorie. Die geliefde Boeboe het haar Vetkoekpaleis hoedjie opgehang en is nou aan die stuur van Beauty with Boeboe.

Ouboet en Wors saai vanaf Oktober 2017 op DStv-kanaal 144 uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.