Hooffoto: pexels.com
Die Yoga Flow-fees vier joga en diegene wat dit beoefen – of jy nou ’n beginner of ’n ou yogi is. Spandeer ’n langnaweek in ’n omgewing met inspirerende joga-sessies, vars lug, rustigheid en lekker musiek. Hierdie fees is versprei oor vier dae om die banke van die meer by die Mieliepop-plaas en jou kaartjie sal ’n rits heerlike aktiwiteite insluit.
Wat om te verwag
Die guru-tent: Hierdie sluit in joga en meditasie, groepklasse en werkswinkels. Verwag Vinyasa, Budokon, Vibrational Yin Yoga en geleide meditasie.
Die Sanctuary: Meditasie, musiek, sprekers, klank-interaksies, vibrasie-joga tydens musiekopvoerings, klankreise en geleide en vrye dansgeleenthede.
Kindertent: Kuns en kunsvlyt, joga vir kinders en speletjies.
Die Ganges: SUP-joga (Stand Up Paddleboard-joga op die meer).
Moondrum: Geleide musiekwerkswinkels, holistiese en natuurlike welstandprodukte en -dienste, conscious-kos, spreker- en opleidingsplatforms. Bring jou eie instrumente, of huur een by die bestuurspan.
Kos: Heerlike veganistiese geregte is beskikbaar van The Pretoria Vegan Food Fair.
Verdere inligting
Datums: 21 – 25 Maart 2018
Tyd: 15h00
Plek: Tolderia Resort, 2351, Lothair, Mpumalanga
Kaartjies: R250 – R4 550
Kaartjies kan bespreek word by plakton
Besoek ook die webwerf of facebook-geleentheid