Wys jou lyf en wees #bodypostive deur Suzanne Kotzé. Foto Kristina Stojiljkovic. Hare en grimering Cheryl Parker. Model: Junette Syster van Ice Models.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Jare lank al het die meeste “groter” vroue net in vol swembroeke en boardshorts op die strand verskyn. En enige oogkontak vermy, ook uit vrees dat ’n bekende jou dalk in jou swembroek sien. Vandag is daar ’n nuwe generasie vroue met voller figure wat in bikini’s rondstap en soveel selfvertroue uitstraal dat ’n mens hulle beny. Lees gerus hulle raad en voel hierdie somer goed oor jouself sonder om selfbewus te voel.
Lees ook: Vlei jou bates in hierdie swembroeksnit
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Na ons fotosessie met die model Junette Syster het ons ook gesien watter reuse verskil selfvertroue maak aan jou liggaamshouding. Staan jy trots en regop lyk jy sommer mooier as om skaam met krom skouers en weggesteekte bates te probeer saamsmelt met die omgewing.
Luister ook gerus na die potsending Pretty Big Deal van die wêreldbekende model en lyf-aktivis Ashley Graham wat juis handel oor hoe om positief en ’n ’pretty big deal’ te wees.
Totsiens #thinspiration – hallo #bodypositive !
Lees ook: Die 8 gewildste swembroeksnitte wat jy in 2020 moet dra
Ek was die meisie wat in die kortbroek geswem het en so min moontlik lyf gewys het en op 13 al begin het met my eerste dieët. Maar vandag is ek met trots ’n #bodypositive-ambassadeur, want ek het dit nie gehad toe ek grootgeword het nie. Vandat ek besef het almal is anders, myself aanvaar het en my kurwes leer liefkry het, het my reis na selfliefde en -aanvaarding soveel makliker geword. Vandag omhels ek my kurwes en dra net wat ek wil.”
Junette glo wel daarin om gesond te eet en oefen ook drie tot vyf keer per week.
Haar skoonheidsroetine vir goed voel en lyk
Volg haar op instagram: @junetteva01
Die Suid-Afrikaanse model Marciel Hopkins vlieg die wêreld vol om modelwerk te doen. Nadat sy in 2016 baie gewig verloor het vir die Mej. Suid-Afrika kompetisie, het sy agtergekom om maer te wees is nie dieselfde as om gelukkig te wees nie. Sy vertel ons van haar reis na selfaanvaarding:
“Ek is passievol oor lyfpositiwiteit. As jong meisie het ek lank geglo ek is nie mooi of goed genoeg nie omdat ek nie so maer soos my vriendinne en die modelle in tydskrifte is nie. In 2016 het ek binne vier maande 14 kg verloor, en is as een van die top 12 Mej. Suid-Afrika finaliste aangewys. Ek wou aan myself bewys ek is mooi en goed genoeg; ek het dit vantevore nie werklik geglo nie. Met my reis na liggaamsaanvaarding wil ek ander vroue inspireer om van hulself te hou en om hul kurwes te aanvaar, want dit is mooi en gesond! Vir té lank het die modebedryf vroue laat glo ons is net mooi wanneer ons in ’n nommer ses broek kan pas.
Voel goed in jou vel: Marciel se wenke
Volg haar op Instagram @marcielhopkins
Claire is ’n Kaapse lewenstyl-afrigter en mentor, en fokus daarop om jong vroue te inspireer en te bemagtig.
Claire maak vroue bewus van die uitwerking wat die media op hul selfbeeld het, en wil hulle help om hulself lief te hê en hul volle potensiaal te bereik in ’n wêreld wat ons laat glo ons is selde goed genoeg.
Claire se wenke om trots en positief oor jouself te voel
Volg haar op Instagram @clairevogeli
Genoeg vir 5 stafies. Bestanddele 2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…
Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie…
Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle. …
Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges…
Mexikaanse eiers Genoeg vir 4. Bestanddele 30 ml (2 e) avokado-olie +…
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.