Wynsterre blink weer by spogwynskou in die Kaap

Deur Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wie is die land se beste wynprodusente? Kenners se antwoorde sal altyd begin: “Wel, dit hang af…” As jy net toekennings in ag neem, dan is geleenthede soos die Vinimark Night of the Stars wat die afgelope week plaasgevind het, ‘n goeie aanduiding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vinimark se Night of the Stars is by die One&Only hotel in Kaapstad gehou.

Vinimark is die land se grootste, onafhanklike spesialis-wynmaatskappy. Elke jaar sedert 2017 – behalwe tydens Covid – word wynkoop-ondernemings uitgenooi om die maatskappy se top-presterende wyne te kom proe. Vanjaar is 27 produsente verteenwoordig – sowat die helfte van Vinimark se wynportefeulje. Die proe is by die One & Only hotel in die V&A Waterfront gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit het Kleine Zalze, Delheim, Le Riche, Leeuwenkuil, Dalla Cia, Alto, Boekenhoutskloof, Glenelly, Vilafonté, Reyneke, Ernie Els, Thelema, De Krans, Neil Ellis, Rustenberg Wines, Sutherland Vineyards, Shannon Vineyards, Spier en Beyerskloof ingesluit.

Glenelly keldermeester Dirk van Zyl en proe-assistent Amanda de Klerk.

Delheim se bestuurder van privaat-wynverkope, Purdon Rhode.

De Krans bemarkingsbestuurder Annemi Nel en One&Only Kaapstad se hoof wyn-sommelier Luvo Ntezo.

Leeuwenkuil se Kara van Zyl stel gaste bekend aan dié Swartland-produsent se top-wyne.

Kleine Zalze keldermeester RJ Botha en kommersiële bestuurder Jono Ralph.

Wit- en rooiwyne is vir die proe aangebied asook wyne soos Delheim se edellaatoes en Dalla Cia se verouderde grappa.

Vinimark besluit op wie gaan deelneem, afhangende van die bes-presterende plase in hul portefeulje by ‘n verskeidenheid kompetisies. Dit sluit in:

– Dubbel Goud by Veritas, Suid-Afrika se oudste wynkompetisie;

– 95+ punte deur die Britse wynmeester Tim Atkin aangewys; en

– Vyfster-wenners deur die Platter’s wyngids, die land se oudste gids van sy soort.

Wynkopers was weer opgewonde oor die geleentheid om Vinimark se top-wyne te kan proe en met wynmakers te gesels.

Barbera Melck van Reyneke Organic bespreek die wyn met Vinimark-gaste.

Dit word vroeg in die jaar gehou omdat meeste toekennings aan die einde van ‘n jaar aangekondig word en wyn vinnig daarna uitverkoop. Die geleentheid gee ondernemings soos restaurante, hotelgroepe en wynwinkels die kans om die laaste van hierdie wyne aan te skaf, maar ook om in sommige gevalle die nuwe oesjaar-vrystellings van die wenwyne te proe.

Gaste van hierdie spoggeleentheid weet altyd hulle is in vir ‘n gul geleentheid. Vanjaar is daar met die intrapslag die Bon Courage se Jacques Bruére Cap Classique Cuvée Rosé Brut 2014 as verwelkomingsdrankie bedien.

Bon Courage se Jacques Bruére Cap Classique Cuvée Rosé Brut 2014 is aan gaste bedien as verwelkomingsdrankie.

Soos dit ‘n funksie van hierdie soort wyne betaam is versnapperings deur die One&Only-kompbuisspan ook by die geleentheid bedien.

Gissings by vanjaar se geleentheid was dat alhoewel tonnemaat vanjaar laer as vorige jare is – in sommige plek tot ‘n kwart minder – heelwat streke na uitstekende kwaliteit uitsien. Droë toestande laat die druiwe belowend lyk. Oor die algemeen was die oes ten tyde van die geleentheid, omtrent net oor die halfpad. Met meeste witwyn-druiwe agter die rug vir meeste plase, begin spanne nou met rooi-druifsoorte.

Lees ook: WEN ’n groot Valentynsbederf!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.