kategorieë: Ontspanning

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met vreemdelinge dieselfde beginpunt het. Wanneer jy opdaag, probeer jy onopgemerk te kyk na die grootte van kuite; die logos op die kleredrag; die toerusting, soos die teenwoordigheid van daai rugsakkies met oor-die-skouer waterpypies en Noorweegse stapstokke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is nie ‘n gereelde stapper nie, dus soek ek ‘n maatstaf – en maats. Gaan ek dit maak?!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gelukkig is ‘n nuwe staproete deur ‘n klein gedeelte van Stellenbosch se wynlande iets heeltemal anders. Die wynproeë maak dit beslis minder ernstig.

Ek is by Blaauwklippen vir hul nuwe Blouklip “Wine Trail”-staproete van 8,5km. Blouklip is die naam van die rivier neffens die plaas, en natuurlik ook waar die plaas sy naam gekry het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die ervaring is een van die nuutste van sy soort wat die ontdekking van wyn en die natuur kombineer. Die stap is ook so ingerig: met gidse wat hul kennis van die natuurlike omgewing en geskiedenis deel, en wynproeë by Blaauwklippen en twee buurplase.

Deel van die stap neem ons verby wingerde van die verskillende plase.

Daarmee saam, sluit ons kaartjies van R1 089 per persoon ook verversings soos ‘n stewige broodjie, fynproewer sjokolade en middagete in.

Vir ons uitstappie is ons ‘n klein groep van so 10 mense. Na ‘n koppie koffie op die plaas se De Blaauwe Klip-restaurant, begin ons stap. Vinnig kom ons in ‘n ritme, maar die pas is gesellig en die grondpaadjie een van slegs gemaklike hellings. Kort-kort vertel ons gids, Charl Cilliers, iets oor ‘n wingerde wat ons verbygaan of ‘n boomspesie. Ek leer ‘n bietjie oor die streek se bergreekse, maar ook die natuurlike klimaat en grondstowwe wat hierdie so ‘n gesogte wynstreek maak.

Kort-kort stop ons om asem te skep terwyl Charl vir ons van die omgewing vertel.

Ons roete neem ons ook deur natuurlike bos-gebiede en oor die befaamde Blouklip.

Die Blouklip-rivier se oorsteek is ‘n vinnig affêre en die omgewing is asemrowend.

By Dornier se gemaklike proeloekaal word ons ingewag met ‘n lekker toebroodjie en ‘n bekendstelling aan hul wynreeks. So ook by Stellenzicht se “wine pod” – ‘n luukse hout proelokaal in die veld wat ewe goed in die Skandinawiese platteland kon aard en ‘n uitsig van die berge.

Ons word voorgestel aan Dornier se wyne by die kelder se indrukwekkende proelokaal.
By Dornier kry ons sommer ‘n lekker toebroodjie vir die volgende deel van die stap.
Stellenzicht se proelokaal is ons laaste stop voordat ons na Blaauwklippen moet terugkeer.
Die proe by Stellenzicht sluit ‘n wynpasmaat met sjokolade in.

Na lekker sit en kuier, voel ek my spiere kla, toe ek weer opstaan. Ek was beslis nie alleen met my bedekte blydskap om te hoor ‘n trekker met sy passasierswa is hier om ons na ons eindbestemming te neem nie. Terug op Blaauwklippen, sit ons aan eers vir ‘n wynproe en toe middagete, sommer by die proelokaal.

Die trekkerrit huis toe is net soveel pret soos die stap deur die wingerde en natuurskoon.
By Blaauwklippen proe ons wyn en hul brandewyn ook, voor middagete bedien word.

Tans vind die stap elke Vrydag, van 08:00 plaas. Besprekings kan gedoen word by www.blaawklippenwinetrails.co.za. Die webtuiste is ook die plek vir enige kennisgewings, soos byvoorbeeld dat die stap voortgaan ten spyte van stormskade vroeg in April.

Lees ook: Nuwe Amerikaanse styl eetplek vir Franschhoek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.