Deur: Corné Greeff. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Na ’n lang dag by die werk is dit soms lekker om met ’n glasie wyn te ontspan. Maar het jy geweet die antioksidante in druiwe is ook goed vir jou hare? As jou hare vaal, droog, gebreek of sonder glans is, is dit dalk tyd om jou hare met ’n glasie wyn te bederf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Let wel: dit beteken nie jy hoef jou duur wyn op jou hare uit te gooi nie, daar is produkte wat geen alkohol bevat nie en wat nie jou hare sal uitdroog of beskadig nie. Die hoofbestanddeel wat gebruik word is druiwesaadolie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hask se White Wine-reeks is ideaal om die glans in jou hare terug te kry en dit kan op enige haartipe gebruik word. Dit het ook ’n lieflike suurlemoen-, peer-, appel- en spanspek-reuk. Witwyn bevat goeie antioksidante wat jou hare bevogtig, verhoed dat dit uitdroog en die natuurlike glans daarvan teruggee. Hask het ook ’n Red Wine Collection wat jou hare sal herstel, bevogtig en versterk en ’n Rosé Collection wat jou hare sal bevogtig, hidreer en beskerm.
Hask Wine 10-leave-In-Spray (R169,95)
Hask Pinot Grigio Deep Conditioner (R69,95)
Hask Sauvignon Blanc Deep Conditioner (R69,95)
Die TheraVine Sauvignon Blanc Shampoo (R172) is ’n verfrissende, aromatiese sjampoe hoog in antioksidante wat jou hare sal reinig en beskerm teen daaglikse omgewingsfaktore wat dit vuil maak. Dit verwyder ook die produkte wat teen die wortels op jou kopvel aanpak.
Die TheraVine Chardonnay Conditioner (R186) is ’n romerige kruiebehandeling wat jou hare bevogtig en help om koeke te verwyder. Dit voed ook jou hare en laat dit lekker sag voel.
Verbruikersgids:
Hask is beskikbaar by Clicks-winkels landwyd.
TheraVine: Klik hier
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.