kategorieë: Ontspanning

Wynmakers-etes by top-restaurant vier vroue

Deur Maryke Roberts. Foto’: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Upper Union Restaurant in die hartjie van Kaapstad neem die Vrouedag-vieringe soveel wyer vanjaar: hul wynmakers-etes wat aan die einde van elke maand gehou word, fokus net op vroue wynmakers. Die aande sluit ‘n pasmaat spyskaart deur die eienaar en sjef, Amori Burger, in.

Die restaurant het vroeg verlede jaar geopen en vinnig ‘n reputasie vir sy uitsonderlike kos, goeie wynlys en lekker intieme atmosfeer opgebou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Berene Sauls van Tesselaarsdal Wyne en Upper Union Restaurant in die hartjie van Kaapstad se eienaar en sjef, Amori Burger.

Met die wynmakers-etes vertel wynmakers en Amori tussen die verskillende gange deur meer oor hul wyne en die geregte, hoe hulle hul wynpad tot dusver gestap het en waaroor hulle droom vir die toekoms.

Die eerste ete is met Berene Sauls van Tesselaarsdal Wyne gehou. Berene spesialiseer in Chardonnay en Pinot Noir en haar plaas is in die Overberg, so halfpad tussen Caledon en Stanford, neffens die bekende koel-klimaat Hemel-en-Aarde geleë. Haar druiwe kom tans van La Vierge Babylon-wingerde in Hemel-en-Aarde-rif, maar sy het onlangs haar eie toetsblokke geplant en sal binne die volgende paar jaar haar eie druiwe ook kan oes.

Die spyskaart vir die aand met die verwelkomingsdrankie, die Tesselaarsdal Chardonnay.
Die seebaars ceviche met appel en kokosneutjellie is met die Tesselaarsdal Chardonnay 2022 bedien.
Die lieflike oester maak jou net lus genoeg vir die eerste gang.
Upper Union se broodbord met interessante gegeurde botters is legendaries.

Sy vier vanjaar haar tiende jaar as produsent en eienaar van ‘n wyn-etiket. Tesselaarsdal is nie net die plek waar haar eie grond is nie, maar ook die klein dorpie waar sy grootgeword het.

Berene se storie is ‘n baie inspirerende een: sy kom van ‘n familie vol sterk vroue en lag as sy vertel haar ouma Dot (Rebecca Swarts) het haar eie brousels gebrou en haar ma, Ree, het op 16 ‘n lening aangegaan om onderwys te gaan studeer. Sy was die eerste bruin vrou in Tesselaarsdal om ‘n motorlisensie te verwerf en het haar eie huis gebou. Hulle was my inspirasie.”

Berene het in Februarie 2001 as au pair by Anthony Hamilton Russell, die eienaar van die bekroonde Hemel en Aarde-vallei wynplaas, Hamilton Russell Vineyards, begin werk.

Maar Anthony het haar potensiaal raakgesien en haar na die plaas se logistieke- en bemarkings-afdeling geskuif. Hierdie posisie het laat Berene ook toe om nou saam met die wynmakers te werk, deur die wyn administrasie en sertifikasie te behartig asook verpakking en etikettering.

Sy skryf in vir kursusse by die Kaapse Wyn Akademie en ry saans ná werk deur Stellenbosch toe vir proeë.

Soms het sy in die wynproelokaal uitgehelp en soms by logistiek. Gou het sy basies elke aspek van die wynplaas se bedrywighede geken. In 2014 stel Anthony voor dat sy haar eie wyn op die plaas produseer met wynmaker Emul Ross. Anthony Hamilton Russell voorsien die eerste kapitaal om dié besigheid te begin met geen voorbedagte rade.

Omdat Berene se palet en denkwyse reeds vertroud was met Pinot noir en Chardonnay, was Pinot noir die eerste druiwe waarna sy gesoek het om produksie te begin. By La Vierge Babylon-wingerde vind sy ‘n geskikte blok Pinot Noir en sy, Emil en twee studente oes net meer as ‘n ton druiwe. Hulle produseer 1202 bottels van die heeltrosse.

Sy behou haar werk in die logistieke afdeling, maar intussen kry haar wynmaak-loopbaan ook vlerke en tussendeur maak sy wyn. Met elke Hamilton Russell Vineyards wynskou-proe waarby sy betrokke is, hou sy een van haar eie wyne onder die tafel om potensiële kopers te ontmoet.

Met die jaarlikse Hemel-en-Aarde Pinot Noir-fees die volgende jaar in 2016, doen sy proeë en vertel gaste van haar drome. Een gas geniet haar wyn en neem ‘n foto vir sosiale media. Voor die dag om is, begin boodskappe instroom: almal soek haar wyn.

Sy vind toe uit die fotonemer is niemand anders as Greg Sherwood, wynmeester wat in Engeland werk en woon nie. Haar uitvoere na Engeland en Amerika begin en van Suid-Afrika se voorste restaurante sluit haar wyne op hul wynlyste in.

Sy kry steeds nie baie druiwe nie en haar produksie bly min. Maar haar wyne se pryse klim die hoogtes in. Elke jaar smeek sy vir meer druiwe en so stuk-stuk kry sy dit reg. Maar die droom van haar eie grond bly in haar agterkop.

“Behalwe my salaris, is ek platsak. Ek is enkelma vir twee seuns en het geen bates nie. Hoe op aarde gaan ek ‘n lening kry vir grond koop?”

Maar sy kom nie verniet uit ‘n bloedlyn van sterk vroue nie en met haar besigheidsvernuf en deursettingsvermoë koop sy haar 16.68 hektaar plaas in Tesselaarsdal kontant einde 2019.

Vandag besit sy haar eie plaas; het geboor vir water – wat toe brak is maar ‘n ontsoutingsmasjien installeer – en toetsblokke is geplant. Die druiwe lyk goed en sy plant vanjaar 1000 Pinot Noir stok by paaltjie; 1000 Pinot Noir opgelei en 1000 stokke Chardonnay geplant.

Sy vertel vir gaste dat haar ander droom – dat haar seun, Darren (20) saam met haar sal wyn maak – ook nou realiseer, want hy studeer sy diploma in Landbou met Kelder Tegnologie en Wynmaak by Elsenburg op Stellenbosch. Hulle sal teen 2031 hul eerste eie druiwe kan oes.

Amori het om die beurt aan gaste elke gang op die spyskaart kom verduidelik hoe sy elke dis beplan het om Berene se wyne op hul beste te vertoon.

Die varklies met bruin misobotter en dille was die tweede gang wat met die Tesselaarsdal Pinot Noir 2023 bedien is.
Die hoofgereg van shuwa lamskouer met bees, geskroeide druiwe en bosbessiesous, is met die Tesselaarsdal Pinot Noir 2021 bedien. Daar is nie veel van dié oesjaar oor nie en dit was een van die gunstelinge van die aand. more

“Upper Union is op kuier en gedeelde maaltye gebou. Ek kry die inspirasie vir my disse uit my familie-etes en wil mense hier aanmoedig om ook deel van ‘n familie te voel, as hulle kom kuier.”

Amori sê Upper Union gaan oor familiekuiers en vriende om een tafel, wat happies deel. Sy kry inspirasie uit haar eie familie en hierdie poeding, Oom Willie se bruinpoeding met Ouma Martie se melkpoeding, is met die Tesselaarsdal Pinot Noir 2022 bedien. more
Nostalgie op sy beste. Koekies en melk voor jy gaan slaap. Amori het ons kindertyd se Zoo-beskuitjies as inspirasie vir haar koekies gebruik. Gaste kon ook koffie Martini’s geniet voor die aand amptelik verby was. more

Die twee vroue het mekaar goed aangevul en hul entoesiasme vir hul wyn en restaurant, was amper aansteeklik.

Lees ook: Top terroirs in Suid-Afrikaanse wynlande vereer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.