kategorieë: KalenderOntspanning

Wynfees: Taste the Helderberg

Wynplase en restaurante in die aanloklike Helderberg-streek gooi hul reënboogkombers vir net een aand op Donderdag 15 Junie 2017 op Somerset-Wes oop en vertoon trots hul plaaslike kos en wyn. Vanjaar word jy uitgenooi om die winter vir een aand af te skud en iets rooi te dra – die temakleur wat die oog gaan vang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Taste the Helderberg het een van die hoogtepunte op die Wes-Kaapse wynkalender geword,” sê Stellenbosch Wynroetesbestuurder, Elmarie Rabe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Taste the Helderberg sal van 17h00 tot 21h00 by die NH The Lord Charles Hotel bedien word  – ’n reëling wat baie gaste ideaal pas, want hulle rek die geleentheid in ’n langnaweek uit, omdat die volgende dag, Vrydag 16 Junie, ’n vakansiedag is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Hoogtepunt vir veral wynliefhebbers by Taste the Helderberg 2017, sal die geleentheid wees om ’n vroeë kykie en proetjie van die streek se jongste wyne te kry, sowel die proekans van die ikone wat hierdie Stellenbosch Wynroete sub-streek in die visier van internasionale connoisseurs geplaas het. Die meeste van hierdie wyne sal te koop wees teen spesiale pryse, wat ook geldig is met aflewering deur die logistieke- en vervoer-oplossingsmaatskappy, Aramex, ’n trotse vennoot van Stellenbosch Wynroetes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar sal ook opskietrestaurante wees deur Helderberg se bekendste kosplekke en die geleentheid om meer te leer oor wynmaak van die wynmakers en wingerdboukundiges self.

Die druifvariëteite se meesterklasse is op aanvraag van die publiek gereël om die klimaat- en geografiese redes agter die uitstaande kwaliteit, wat uit hierdie kusgebied enkele minute van die Kaapstadse stadskern, te beklemtoon.

Kaartjies kos R100 per persoon en moet verkieslik aanlyn bespreek word by wineroute.co.za. As daar enige kaartjies oor is, sal dit by die deur verkoop word.

Vir meer inligting besoek wineroute.co.za of bel 021 886 8275.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: dagboekwyn

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.