Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyn. Deur Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die aanlyn wynemporium het tans 145 topwyne van nie minder nie as 73 Stellenbosch Wynroetelede-landgoedere.’n Kundige komitee het die portefeulje noukeurig saamgestel om die gros van die streek se wyne en kultivars ten beste te vertoon.  Wynliefhebbers wat aanlyn bestel, sal dieselfde pryse as by die landgoedere se proelokale betaal en aflewering geskied direk van die wynplase.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die aanlyn wyn emporium het tans 145 top wyne van nie minder nie as 73 Stellenbosch Wynroetelede-landgoedere. Jy kan dit by die fisiese emporium gaan geniet, of aanlyn teen kelderdeurpryse bestel.

Geen twyfel dat jy in wyn-wêreld is nie!

Die wyne wat te koop aangebied word, verteenwoordig al vyf subroetes van die Stellenbosch-wynlande: Groter Simonsberg, Stellenbosch Berg, Stellenbosch-vallei, Helderberg en Bottelary Heuwels. Noukeurige proenotas is vir elke wyn saamgestel, asook inligting oor die wynlandgoedere en onderskeie kultivars én hulp met kospasmaats.

Die emporium spog met reusefoto’s van die Stellenbosch-omgewing, net vir ingeval jy gewonder het waar jy jou bevind.

Vir die wynkenners wat ’n spesifieke kultivar verkies, maar verskillende wynlandgoedere se aanbiedinge wil vergelyk, het die paneel ’n boks van ses wyne van die sub-roetes van die Stellenbosse wynlande saamgestel en dis in drie kategorieë beskikbaar: ontspanne vir elke dag se genot, premium, en waarlik uitstaande. Kopers kan ook hul eie sesbottelboks uit die Simon-wynemporiumportefeulje saamstel, wat uit ’n spesifieke kultivar uit die vyf subroetes, óf ’n mengsel van verskillende wynlandgoedere bestaan – teen geen ekstra koste nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Nuwe dubbelloop-lekkerte vir Nederburg

Daar is ook wyne op spesiale aanbieding teen pryse wat spesiaal tussen die Simon-wynemporium -span en die onderskeie wynmakers beding is. Hierdie wyne is vir ’n beperkte tyd teen selfs laer pryse as die proelokaal beskikbaar.

Bo en behalwe die uitgebreide Simon-wynemporium -portefeulje is daar ook raar, ouer wyne op die lys, wat meestal onbekombaar is. Hierdie uitmuntende wyne kom gewoonlik direk van die wynmakers se kelders en is eksklusief aan Simon-wynemporium -kliënte beskikbaar.

Van die raar wyne wat gaste kan proe en bestel, sluit onder meer ouer oesjare ook in.

Plaaslike wynliefhebbers wat van die wonderlike wyne wat te koop is wil proe, kan die ‘huis’ van die Simon-wynemporium in die historiese De Warenmarkt op Stellenbosch besoek. Daar is proeë volgens kultivars en temas groepeer en sommeliers is byderhand om inligting te gee, of digitale proenotas te verskaf.

Die Simon Wyn emporium is binne De Warenmarkt geleë en die ideale plek om nie net Stellenbosch-wyne te koop nie, maar ook vinnig oor ’n glas wyn te kuier.

Die emporium se ligging, op die hoek van Van Ryneveld- en Van Riebeeckstrate op Stellenbosch, is ook belangrik. Die Simon in die naam is ’n ode aan die dorp se stigter, Simon van der Stel, terwyl die 18de eeuse gebou wat sy tuiste is, op die kruising van Stellenbosch se polsende kulturele distrik lê. De Warenmarkt is al geruime tyd die dorp se gunstelingeetplek en oesterkroeg, en nou is dit ook die vertoonvenster vir wyne van die Stellenbosch-streek.

Die program met proeë en ander geleenthede by die Simon-wynemporium by De Warenmarkt, sal aanlyn by www.simonwineemporium.co.za en op die Stellenbosch-wynroetes se Facebook-bladsy adverteer word.

Daniël Kriel, mede-eienaar van De Warenmarkt sê: “Dit verskaf ons groot plesier om die nuwe enig-in-sy-soort- Simon-wynemporiumervaring – aanlyn en by De Warenmarkt  – aan wynliefhebbers regoor die wêreld te bring. Of jy nou in Kaapstad of Kioto woon, jy het nou toegang tot die beste Stellenbosse wyne – alles op een plek, net een klik weg.”

Die groot oomblik word gevier met die amptelike opening: die amptelike naam word onthul. Van links is Daniël Kriel, mede-eienaar van De Warenmarkt, adv. Gesie van Deventer, burgemeester van Stellenbosch, en Kevin Arnold van Waterford Wynlandgoed.

Die Stellenbosch-omgewing spog met ’n wynmaaktradisie wat tot die middel-17de eeu terugdateer en De Warenmarkt het sedert sy opening in 2015 Stellenbosch Wyn van Oorsprong ondersteun. “Ons was nog altyd trots daarop ons die eerste Suid-Afrikaanse eetplek was wat ’n ‘eksklusief Stellenbosch’-wynlys gehad het, wat net fokus op die beste bekroonde landgoedere om die dorp.

Die wyne te koop en te proe is almal trots Stellenbosch Wyn van Oorsprong – ’n eerste vir Suid-Afrika.

“Die Simon-wynemporium  is ’n natuurlik uitvloeisel van ons jare lange verbintenis met Stellenbosch-wynroetes,” sê Daniël.

Foto’s: verskaf en Clifford Roberts

Lees ook: Aan tafel met die Du Toits

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

11 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

11 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

12 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

14 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.