kategorieë: Gesondheid

Wyn terwyl ek swanger is (of borsvoed)?

Party dokters sê steeds jy kan sosiaal drink wanneer jy swanger is, of ’n glasie wyn per dag drink. Of een per dag oor die naweek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is absoluut onwaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is geen veilige grens vir alkohol nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is sewe redes

1. Alkohol gaan oor die plasenta en bereik jou baba se brein maklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Op twaalf weke weeg jou baba gemiddeld 14 g. As jy 60 kg weeg, is jy 4 285 keer swaarder as jou baba. Jy kan jou indink wat die impak van selfs net ’n glasie op daardie paar gram mensie is. Die impak raak minder maar, selfs op 40 weke is jy 20-30 keer swaarder as jou baba.

3. Omdat vroue minder spiere as mans het, breek ons alkohol stadiger af as mans. Dus stel ons ons babas ure langer bloot aan alkohol as wat ’n man sou.

4. Alkohol breek af na asetaldehied, wat net so skadelik is vir liggaamselle.

5. Alkohol en asetaldehied is giftig vir veral selle in die groeifase – onthou, jou baba is vir praktiese doeleindes ’n massa vinnig groeiende en verdelende selle.

6. Daar is geen manier om te weet watter ontwikkelingsfase op die oomblik dat jy wyn drink in jou ongebore baba aan die gang is nie. Om dit baie eenvoudig te stel: jy kan hom met jou een glasie alkohol vang juis wanneer sy breinselle verdeel of sy hartklep vorm, en so aan.

7. Dit is onsin dat jy net alkohol in die eerste drie maande moet vermy. Alkohol doen skade in elkeen van die drie swangerskaptrimesters.

– Op 0-12 weke verander alkohol die manier waarop selle groei en rangskik, wat veroorsaak dat die oë, bolip, hart, brein, ledemate, geslagsdele en urienstelsel beskadig word.

– Van 12-24 weke word alkohol gekoppel aan miskrame. Die brein groei steeds en is dus steeds hoogs sensitief vir alkohol.

– Alkohol op 24-40 weke veroorsaak dat die baba minder groei, terwyl die brein steeds ontwikkel en dus alkoholskade opdoen.

– Jou baba se brein bly steeds na geboorte groei, wat beteken dat wyn terwyl jy borsvoed steeds díe brein knou.

*Daar is geen veilige grens vir alkohol nie, sê die oorgrote meerderheid van bronne, insluitend FasFacts, FARR en die NIH.

*Lees ook ons artikel 14 skades wat jou ongebore babas kan spaar

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.