kategorieë: Ontspanning

Wyn-en-kos pasmaat-spyskaart nou deel van Upper Union se aanbieding

Deur Clifford Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“O gonna! Wil julle foto’s neem?” borrel Amori Burger toe sy uit die kombuis kom en die eerste joernaliste haar nader. “Ek moet eers lippe aansit!” Dan verdwyn sy weer. Ons is by die bekendsteling van ‘n nuwe spyskaart by Kaapstad se Upper Union restaurant, waar Amori uitvoerende sjef en eienaar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sommelier Tongai Joel Chari en Amori Burger, uitvoerende sjef en eienaar van Kaapstad se Upper Union restaurant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis alles ‘n harwar van ‘n besige oggend waar daar nie net ‘n groep van sowat 12 van Kaapstad se voorste kos-verslaggewers aansit vir ete nie, maar ook ‘n restaurant vol gaste wag. Vir ons groepie gee sy die nuwe spyskaart waaroor sy en sommelier Tongai Joel Chari baie opgewonde is. Dit is die eerste keer dat hulle spyskaart-opsie het waar wyne met kos gepasmaat is.

“Ons het ‘n ongelooflike versameling wyn tot ons beskikking en dit was fantasties om hierdie geleentheid aanmekaar te sit,” sê Amori.

Vir ons ete is die wyne van voorste produsente: ‘n Colmant Brut Reserve; Iona Wild Ferment 2023 Sauvignon Blanc; Van Logggerenberg Wines Geronimo 2023 Cinsault; La Bri 2022 Syrah; Daschbosch 2020 Gevonden Hanepoot, wat van ‘n 122-jarige wingerd gemaak is; en, De Grendel Proposal Hill Brut Rosé 2022.

Puik wyne is deel van die nuwe aanbieding, insluitend die DaschBosch Gevonden Hanepoot 2020 en die La Bri 2022 Syrah.

Die kos, besluit die groep, moet liefs alles tafel toe sodat almal alles kan proe. Al beduiwel dit effens die wyn-pasmaatkonsep, is Amori en Tongai heel gemaklik met die plan. Op die ou einde werk elkeen self uit wat goed saamwerk en stem heelwat toevallig ook omtrent sonder uitsondering met die keuses van die restaurant.

Die rykheid van disse is in fyn balans met vars geure – ‘n wenkombinasie wanneer die wyn bygesit word.
Wyne gepas met kos bied ‘n nuwe feeservaring by Upper Union.

Die disse verteenwoordig ‘n diverse samestelling waar diep, ryk souse ‘n fynbalans met lewendige geure en varsheid. Die styl is ‘n kontemporere samevlans van kulture wat oor die jare kentekens van ‘n Afrika-style geword het. Dink aan Asiese invloede en ‘n sterk verteenwoordiging van vegetariese opsies.

Ons begin met kubaneh broodrolletjies met die geur en gewig van ‘n croissant, wat bedien word met potjies lekkerte: die een met mebos and Gruberg-kaas van Klein Rivier en olyfolie, die ander met makhani of lig-gegeurde kerriebotter.

Upper Union se broodrolletjies is nie net mooi om na te kyk nie, maar ‘n smulpaap se hemel.

Op die tafel verskyn daar verder disse soos beestong met lamsvet en suurdeeg pangritata (gegeurde en gebraaide broodkrummels) met spekboom. Die paneer met kekerertjie-beslag wat bedien is met ‘n skeut suurdadel (tamarind)-blatjang en ‘n koljander-en-appel koolslaai het veral aandag getrek.

Chef Amori se beestong-dis word bedien met die Van Loggerenberg Geronimo Cinsault 2024.

Aan die vleiskant, is daar onder andere ‘n heerlike droogverouderde plankie-steak, of bavette, bedien met geskroeide druiwe en ‘n Thaise dip-sous, nam jim jaew.

Die reis eindig beslis nie by die sout-disse nie en wel by die nagereg. Amori het ‘n appel-en-dille mousse voorgesit, met quinoa en amandel by olyfolie-roomys. Die alternatief is ‘n sjokolade-haselneut pralien met mousse, lemmetjie jel en Romany Cream-krummels.

Die prys is R1 200pp vir ‘n minimum van twee, en vars Saldanha-oesters kan as ‘n ekstra lekkerte bestel word.

Die 120-sitplek Upper Union het in 2022 sy deure oopgemaak en is geleë in ‘n geskiedenisryke, dubbelverdieping-gebou in ‘n rustiger systraat van die besige Kloofstraat.  Verskillende dele van die restaurant bied ‘n verskeidenheid atmosfere. Onder die sambrele in die voortuin of in die konservatorium is dit ideaal vir ‘n luilekker middagete. Binne bring die luukse dekor ‘n luukser toon, wat ideaal maak vir ‘n uithaler aandete. Daar is ook ‘n privaat eetkamer beskikbaar.

Die tuin is een van die restaurant se gewilde plekke vir middagetes.

Die restaurant is Maandag tot Sondag vir middag- en aandete oop.

Vir meer inligting, besoek www.upperunion.co.za, stuur epos na reservations@upperunion.co.za of bel 021 891 0360.

Lees ook: Kinders verveeld? Hou hulle gelukkig en besig by hierdie Kaapstad-bestemmings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Soetpatats in die kole

Daar is darem niks lekkerder as patats wat in die kole gebak is nie. Gee…

5 mins Gelede

Soet springmielies

Skiet springmielies so:   Verhit sowat 30-45 ml olyfolie oor hoë hitte in middelslagkastrol met…

20 mins Gelede

Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties

Genoeg vir 4     Bestanddele   4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie…

46 mins Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Daar’s (kos-)liefde in die lug!

In hierdie episode is daar frustrasie, irritasie, hartseer en selfverwyt – alles bestanddele vir ’n…

7 hours Gelede

Smullekker halloumi-en-groente-burger

Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…

23 hours Gelede

Maryna Calow: Suid-Afrikaanse wyn se grootste ambassadeur

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch.     Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.