Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }500 g wortels, geskil
30 ml (2 e) botter
15 ml (1 e) heuning
45 ml (3 e) pietersielie, gekap
sout en gemaalde swartpeper
1 Sny die wortels met ’n groenteskiller in linte. Blansjeer vir 30 sekondes in kookwater. Dreineer en skep in ’n opdienbak.
2 Smelt die botter en heuning saam in die mikrogolf. Skep oor die wortels, voeg die pietersielie by en meng saam. Geur na smaak. Sit dadelik voor.
Nog idees
– Jy kan ook zucchinis in linte sny en saam met die wortels blansjeer.
– Voeg die uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 lemoen by vir ’n lekker variasie.
– As jou tyd knap is, kan jy gerus klaar geskilde babaworteltjies koop en op presies dieselfde wyse gaarmaak.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.