Serves:enoeg vir 1 groot dubbellaagkoek (15 porsies)Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Bestanddele
Koek
220 ml groente-olie
100 g (1/2 k) witsuiker
100 g (1/2 k) bruinsuiker
1 t vanieljegeursel
2 groot eiers
150 g Golden Cloud-meel
1 t fyn kaneel
1 t gemengde speserye
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
½ t sout
1 k Koo Apple Sauce
1 k Koo Peach Slices, fyn gekap
375 g wortels, gerasper
60 ml bosbessies
½ k gemengde, ongesoute neute, rofweg gekap
Vulsel
50 g botter
5 e suiker
1 blik Koo Pie Apple, rofweg gekap
1 ml knoffel
1 ml fyn kaneel
4 e water
Versiersel
250 g sagte maaskaas
350 g botter
2 t vanieljegeursel
10 ml lemoenskil, gerasper
1 kg versiersuiker
75 ml lemoensap, 100%
15 ml suurlemoensap
Lemoenvoedselkleursel: jel of poeier (opsioneel)
Instructions
Metode
Koek: Voorverhit die oond tot 175 °C. Smeer en voer 2 losboomkoekpanne uit.
Sif die meel, speserye, bakpoeier, sout en koeksoda saam.
Klits die olie, suiker, vanieljegeursel en eiers saam tot romerig en liggeel. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en roer tot gemeng.
Voeg die appelsous, perskeskywe, wortels, bosbessies en neute by en meng goed.
Verdeel die mengsel eweredig tussen die twee koekpanne.
Bak in die middelste oondrak vir 55 tot 60 minute of totdat ’n koekpen skoon uitkom. Laat heeltemal afkoel in die panne voordat dit op ’n afkoelrak geplaas word.
Vulsel: Bring al die bestanddele saam tot kookpunt. Laat prut vir 10 minute sodat die speserye saam met die appels kan trek. Die vulsel moet so dik soos gestoofde vrugte wees. Laat afkoel voordat jy die twee koeke met die vulsel aanmekaar heg.
Versiersel: Gebruik ’n elektriese klitser en klits die botter tot lig en donsig. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die voedselkleursel) by en klits vir 2 minute tot gemeng. Verhoog die klitser se spoed en klits tot lig, sag en romerig. As die versiersuiker te dik is, voeg ’n bietjie melk by om dit te versag.
Indien jy die versiersel gaan kleur, verdeel dit in 4 bakke. Gebruik verskillende hoeveelhede voedselkleursel om verskillende kleurskakerings te verkry. Begin lig en eindig met ’n helderoranje. Sit die versiersuiker in verskillende spuitsakke, gebruik ’n ster-tuit en versier die koek soos jy daarvan hou.
Indien jy gewone versiersel gebruik, vat ’n paletmes of spuitsak om die koek te versier.
Wenk
Wanneer jy versier, begin met die helder kleure aan die onderkant van die koek en beweeg met die ligter kleure boontoe. Gebruik die tuit om die versiersel soos rose te laat lyk en spog by jou gaste. Gebruik silwer eetbare glitter vir daai ekstra glans!