Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Schwagele www.crphotographic co.za
Wortelhoemoes met krakerige keker-ertjies
Ingredients
- 1½ k (sowat 350 g) geroosterde wortels
- 2 x 400 g-blikkies (240 g, gedreineer) keker-ertjies, gedreineer
- 1 k (250 ml) olyfolie
- 2 t (10 ml) fyngekapte knoffel
- 1 t (5 ml) fyngekapte brandrissie
- 2 e (30 ml) tahini
- uitgedrukte sap van een suurlemoen
- 2 e (30 ml) olyfolie
- 2 e (30 ml) gerookte paprika
- 1 t (5 ml) growwe sout
Instructions
- Verwerk die gaar wortels en 1 blik (400 g) gedreineerde keker-ertjies in ’n voedselverwerker tot glad.
- Voeg die olyfolie in ’n dun straaltjie by terwyl die voedselverwerker aan is.
- Meng die knoffel, brandrissie, tahini en suurlemoensap deur die hoemoes en geur met sout en gemaalde swartpeper.
- Krakerige keker-ertjies: Verhit die oond tot 200 ˚C. Sit die keker-ertjies op ’n bakplaat en sprinkel die olie oor. Geur met paprika en sout. Meng goed deur.
- Rooster vir sowat 30 min. of tot goudbruin en bros. Haal uit en strooi net voor opdiening oor die hoemoes.
Catherine Schenck
Lees Meer
Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas
17/04/2025
Suurlemoen-en-klapper-skywe
17/04/2025
Papawersaad-en-suurlemoen-koek
16/04/2025