Gebruik hierdie resep as basis vir vleesagtige groentes soos botterskorsies, aartappels en patats. Laat die lemoenskil en -sap weg by ander groentes.
Genoeg vir 4-6
Bestanddele
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 kg wortels, geskil en ruweg gekap
- gerasperde skil en sap van 1 lemoen
- 1,5 liter (6 k) hoenderaftreksel, plus 500 ml (2 k) ekstra
Metode:
- ’n hand vol vars koljanderblareVerhit die olie in ’n groot kastrol. Soteer die ui en knoffel vir sowat 5-7 min. oor matige hitte daarin.
- Voeg die wortel, lemoenskil en -sap, en hoenderaftreksel by. Verhoog die hitte en laat kook. Laat prut vir sowat 20 min. oor matige hitte of tot die wortels sag is.
- Verwerk die sop in ’n voedselverwerker tot glad. Indien die sop te dik is na jou smaak, voeg die res van die aftreksel by.
- Voeg ’n hand vol vars koljander net voor opdiening by.
Lees ook: Ertjie-en-spek-sop
