kategorieë: Kos

Worsiepasta

Genoeg vir vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 300 g koekmeel
  • ’n knypie sout
  • 3 eiers
  • 15 ml (1 e) olyfolie

Sous

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 250 g (5-6) handgemaakte Italiaanse worsies soos salsiche of enige ander gehalteworsie
  • 1 ui, fyn gekap
  • 2 kort selderystingels, fyn gekap
  • 2 middelslag-wortels, geskil en fyn gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 15 ml (1 e) tamatiepasta
  • 1 x 400 g-blik heel, geskilde tamaties – druk dit met ’n vurk in die sous fyn
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 80 ml (1⁄3 k) parmesaan, fyn gerasper
  • ’n hand vol basiliekruid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Sif die meel en sout in ’n groot mengbak saam en maak ’n holte in die middel. Breek die eiers en olyfolie in die holte en werk dit in die meel in. Knie vir 10 min. tot elasties en
    ’n gladde deeg gevorm het. Draai styf in kleefplastiek toe en laat die deeg vir minstens 45 min. in die yskas rus.
  2. Rol die deeg met die pastamasjien tot op die nommer 6-stelling uit en laat die velle hang om winddroog te word. Sny in tagliatelle-vorm op die snykant van die pastamasjien. Hang dit op terwyl jy die pastasous maak.
  3. Verhit die helfte van die olyfolie in ’n kastrol. Druk die gemaalde vleis uit die worsie om frikkadelle te vorm en braai tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
  4. Verhit die oorblywende olie en braai die ui, seldery en wortels tot goudbruin. Voeg die knoffel by en braai vir ’n paar minute.
  5. Voeg die tamatiepasta, heel geskilde tamaties en kruie by. Sit die worsiefrikkadelle weer by. Prut vir 10-15 min. oor lae hitte. Geur na smaak met sout en peper.
  6. Kook die vars pasta vir 3-5 min. of tot aldente in ’n groot kastrol kokende soutwater. Gooi die water af en sprinkel olyfolie oor die pasta.
  7. Roer die tamatiesous deur die warm pasta. Sit voor met die parmesaankaas en ’n hand vol basiliekruidblare.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.