kategorieë: Ontspanning

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in September vir ’n vierde keer na kykNET terugkeer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die taak gaan weer op Rian van Heerden, as aanbieder van die Afrikaanse weergawe van die wêreld se grootste vasvraprogram, se skouers rus om deelnemers se algemene kennis te toets wanneer hulle in die vuurwarm stoel hul sitplek inneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos in die verlede, is die eerste vangnet vir die deelnemers na die vyfde vraag op R10 000 gestel. Daarna kry hulle die geleentheid om self hul tweede vangnet vas te stel vanaf die sesde tot die 14de vraag van die 15 vrae.

Deelnemers mag net drie van die vier beskikbare hulplyne gebruik waarvan elkeen net eenmalig ingespan kan word. Hulle kan die gehoor vra vir hulp of vir ’n 50/50 vra waar twee van die vier moontlike antwoorde verwyder word. Dan kan hulle ook ’n pêl bel of vir Rian vra om uit te help met die antwoord.

Gaan vanjaar die jaar wees wanneer iemand daardie miljoen rand-teiken gaan haal? Tot dusver kon nog net twee deelnemers met R500 000 uit die ateljee stap.

Die sakejoernalis en skrywer Theunis Strydom het in 2022 dit reggekry en in die derde seisoen, in 2023, het die joernalis Susan Booyens dieselfde teiken behaal. Sy was net één korrekte antwoord weg van die aanloklike prysgeld!

Die vierde seisoen se deelnemers verteenwoordig ’n ongewone en breë spektrum van beroepe. Daar is byvoorbeeld ’n jong mediese student, ’n rugbyskeidsregter, ’n waaghals en selfs ’n kern-ingenieur wat gaan probeer om met hul algemene kennis die R1 miljoen huis toe te vat.

Dan is daar ook die spesiale gedenk-episode om twee groot gebeurtenisse in Suid-Afrika te vier.

Waar was jy op 6 November 1999? Dit was die eerste keer dat Suid-Afrikaners plaaslik op M-Net kennis gemaak is met Who Wants To Be A Millionaire? met die sjarmante joernalis, radioman en TV-aanbieder Jeremy Maggs as die man wat destyds die vrae gevra het.

Maar ook kykNET het 25 jaar se rede om fees te vier. Op 15 November 1999 is dié gewilde DStv-kanaal vir die eerste keer aangeskakel en dit het sedertdien onlosmaaklik deel van die Afrikaanse kykerwêreld geword.

Vir dié spesiale geleentheid is ses van die beste Wie word ’n miljoenêr?-deelnemers van die vorige drie seisoene genooi om vir liefdadigheid te kom speel. Theunis, Susan en vier wenners wat elk R250 000 in hul sak kon steek, gaan met hul vinnige vingers en kennis daardie vuurwarm stoel laat smelt.

Wees gewaarborg, hierdie seisoen gaan seker maak dat jy alle afsprake uitstel, jou selfoon afsit en jou plek op jou eie rusbank bespreek sodat jy nie ’n enkele oomblik van die seisoen gaan misloop nie!

Wie word ’n miljoenêr word vanaf Woensdag 4 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Melissa de Vries oor hoe ‘Arendsvlei’ en ‘Mince Jou Hare’ alles verander het

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

7 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

23 hours Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

1 day Gelede

Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word

Deur Anne Marais     In die immergewilde Friends wat tot ʼn paar jaar gelede…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.