kategorieë: Verhoudings

Woorde wat verwoes

Afbrekende verhoudings kom in baie vorme en in alle gemeenskappe voor en is nie altyd vir buitestanders sigbaar nie. Soms is die gelowige, gemanierde, professionele man met die sagte stem by die huis, wanneer ander nie hoor nie, ’n aggressiewe, moeilike bullebak. Miskien het die vriendelike, versorgde vrou by die huis ’n vlymskerp tong wat bitter krities en verbaal afbrekend kan wees. Dit is dikwels ’n stryd om die uitwerking wat afbrekende ouers op kinders het te stop, want ander mense glo jou gewoon nie.Mishandeling en misbruik gaan oor meer as net bloukolle, kneus- en seerplekke. Die seerste seer kan dikwels nie gewys word nie, want die stukkende plekke is aan die binnekant. Hul geloof in hulself en selfwaarde is afgebreek. Hulle verloor hul geloof in mense en dit laat hul lewensbeskouing dat mense goed is en die wêreld ’n veilige plek, verkrummel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kinders is weerloos as hulle uitgelewer word aan situasies wat vir hulle onbeheerbaar en onvoorspelbaar is. Dit saai emosionele verwoesting en disoriëntering wanneer hulle nie weet hoe en waar om te keer dat dit nie weer gebeur nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In baie gewone gesinne waar alles op die oog af goed gaan en almal gelukkig is, is emosionele mishandeling ook deel van die prentjie. Wanneer die ouer heeltyd oorkrities is, ervaar die kinders dikwels dat wie hulle is, of niks wat hulle doen, ooit goed genoeg is nie . Kinders word emosioneel mishandel wanneer hulle voortdurend verkleineer, gedreig, beskuldig, verneder of skeldname genoem word, maar ook wanneer hulle op ’n negatiewe wyse met ander vergelyk word, of telkens moet hoor hulle is treurig, lui, sleg of waardeloos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Kind wat verwerp en met stilstuipe geïgnoreer word, of fisieke kontak en die fisieke uitdrukking van liefde ontsê word, word ook mishandel. Dikwels reken ouers dis hul reg én plig om kinders ’n goeie pak slae te gee, maar dié “tugtiging” kan soms aan fisieke mishandeling grens. Die grense van gesonde dissipline word oorskry wanneer die ouer die kind in woede gryp en fisiek straf in ’n poging om hom te beheer; of as vrees ’n dissiplinêre meganisme word en die ouers se gedrag en die grense daarvan vir die kind onvoorspelbaar is. Sulke kinders leer om baie versigtig te wees, want hulle weet nooit wat tot dié onbeheerste optrede sal lei nie. Dis ook nie leersaam of motiverend nie. Dis dikwels vir ouers wat in ’n eie problematiek en oorlewingstryd gewikkel is, baie moeilik om vir hul kinders te gee wat die kind werklik nodig het. Die kinders moet dit maar ontgeld.

Dis ironies dat dit juis vir hulle baie moeilik is om afstand van ’n ouer se afbrekende gedrag te kry sonder om verwerping te ervaar, of te internaliseer dat die fout by hulle lê.Afbrekende optrede is meestal erger wanneer daar drank- en dwelmmisbruik, erge konflik en gesinsgeweld ter sprake is. ’n Wanfunksionele leefstyl soos dronkenskap, stel kinders ook aan allerlei potensieel gevaarlike situasies bloot. Dit lei dikwels tot dreigemente en erge manipulasie wat die volslae beheer en afsondering van die kind insluit en op fisieke en emosionele verwaarlosing en mishandeling uitloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit hou ’n ernstige bedreiging vir kinders se emosionele, fisieke en sielkundige welstand in, veral as dit ’n chroniese situasie is. Kinders in dié soort omstandighede onttrek hulle op ’n sosiale vlak omdat hulle nie kans sien om maats huis toe te bring nie. Hulle neem hulself vir die omstandighede kwalik en is geneig om te onderpresteer. Kinders leer dikwels die wanfunksionele gedrag aan en gebruik ook wanfunksionele gedrag, soos aggressie om ander te beheer, of om uiting aan hul stres en frustrasie te gee. Sommige reageer weer deur emosionele afgestompheid, angs of depressie, of leer nooit om gesonde grense vir ander te stel en hulself te beskerm nie omdat hulle so lank nie bestendigheid of beheer in hul lewe ervaar het nie. As volwassenes is hulle dikwels geneig om weer in sulke verhoudings betrokke te raak.

Volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet het elke kind die reg om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word. Maar die werklikheid is dat dit vir mense moeilik is om ’n eggenoot of familielid aan te meld. Hulle is bang vir die gevolge daarvan, vir hulself, maar ook vir die ander een. Mishandelaars en misbruikers is dikwels ook meester-manipuleerders en -intimideerders om aanmelding te voorkom.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.