Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, hardloop is een van die toeganklikste sporte wat jy kan aanpak. Of jy nou ’n spesifieke oefenplan volg en of jy net hardloop om endorfiene vry te stel, kom dit neer op dieselfde beginsel: trek jou tekkies aan en trek weg! Om daar te kom moet jy egter ’n paar belangrike besluite neem oor die tipe skoene, drag en draagbare toestelle wat beide jou lyf en sak sal pas.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Goeie hardloopskoene kan jou duur uitwerk. Baie drawwers maak vrede met hierdie onkoste deur te dink aan hul hardloopskoene as ’n belegging in hul gesondheid (en om beseringvry te draf). Dit is uiters belangrik dat jy in ’n paar tekkies draf wat jou unieke liggaamsbou ondersteun. As jy die verkeerde paar kies, kan jy mediale skeenpyn (shin splints), seer enkels en gewrigte, en ander beserings opdoen wat jou gaan forseer om op te hou draf sodat jy kan herstel. Hoe kan jy dus verseker dat jy die regte paar skoene in die hande kry?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Om ’n nuwe paar skoene te koop behoort jou ’n tweede asem te gee met jou drawwery en dit sal die oefening vir jou volgende wedren baie gladder laat verloop,” sê Craig Nossel, Hoof van Vitality Wellness. “As jy pyne en skete ervaar wat verband hou met jou uitgeleefde skoene, kan dit opgelos word deur ’n nuwe paar skoene in die hande te kry wat pas by jou spesifieke liggaams-en hardloopbenodigdhede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Om gereeld buite te oefen kan sy tol eis op, onder andere, drawwers se oë en vel. Baie hardlopers neem nie beskerming teen buite-elemente ernstig op nie, maar dit is een van die belangrikste aspekte van gesond hardloop. Wees weer-wys met die volgende wenke:
Die dae van die nederige treetellertjie is verby. Die mark loop oor van horlosies en ander slim, blink en gesofistikeerde draagbare volgtoestelle teen pryse wat die meeste begrotings pas. Om die regte toestel vir jou te vind, vra jouself hierdie af:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die eenvoudigste draagbare toestelle tel hoeveel treë jy geneem het, dit meet jou pols, die tydsduur en die hoeveelheid kalorieë wat verbrand is tydens ’n oefensessie. Hoe meer verfynd die toestelle raak, hoe meer terugvoer sal jy kry: van jou gemiddelde pas, spoed, afstand, ’n GPS-meting, die gradiënt en jou pas tot barometriese altometerlesings.
Lees ook: 5 oefenfoute wat ons almal maak
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.