1 Smeer ’n 19 cm x 26 cm-pannetjie en voer met bakpapier uit. Laat 2 cm oor die kant hang. 2 Verhit die kondensmelk, strooisuiker, glukose en botter in ’n kastrol oor lae hitte. Roer vir 10 min. tot die suiker afgesmelt het en die mengsel glansend is. Moenie laat kook nie. 3 Gooi die kleursel by en roer steeds. Verhit die mengsel tot 110 °C op ’n suikertermometer - die fudge sal effens verdik maar nie heeltemal donker verkleur soos gewone fudge nie. 4 Haal die kastrol van die hitte af en klop vir sowat 10 min. met ’n houtlepel tot koud. Roer deurentyd en gooi die sjokolade bietjies op ’n slag by tot dit insmelt. 5 Gooi die fudge in die pannetjie en laat effens afkoel. Sny in blokke of maak soos ons en druk vorms met ’n koekiedrukker uit.
Doen dit reg
Jy moet maar ’n suikertermometer aanskaf as jy lekkergoed wil maak. Hou die termometer in warm water en moenie op die boom van die kastrol neersit nie, want dan kry jy ’n verkeerde lesing. Hou die termometer in die suikermengsel vir ’n akkurate lesing. Die mengsel brand maklik aan vanweë die hoë suikerinhoud. Roer heeltyd en hou die hitte laag.