Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 rooi ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
2 wortels, geskil en grof gerasper
2 selderystingels, gekap
1 rooi rissie, pitte verwyder en gekap
10 ml (2 t) komynsaad
240 g (1 pakkie) sondroëtamaties in olie, gedreineer en ruweg gekap (ons gebruik graag Ina Paarman se sondroëtamaties, want dis sag en plomp)
2 lourierblare
sout en gemaalde swartpeper
klein hand vol elk roosmaryn en tiemie, gekap
125 ml (½ k) rooiwyn
1 liter (4 k) groente- of hoenderaftreksel
1 x 400 g-blik heel, geskilde tamaties, met ’n vurk fyn gedruk
30 ml (2 e) sojasous
1 x 400 g-blik cannelini-boontjies, gedreineer
hand vol oregoblare, gekap
hand vol babaspinasieblare
hand vol basiliekruid, gekap
fyn gerasperde parmesaan om mee voor te sit
250 g (1 pakkie) bros gebraaide spekblokkies (opsioneel)
Instructions
30 ml (2 e) olyfolie
1. Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die ui, knoffel, wortel, seldery, rissie en komynsaad vir 5 min. daarin tot sag. 2. Meng die sondroëtamaties en lourierblare deur en kook vir nog 2 min. tot sag. Geur na smaak. 3. Voeg die roosmaryn, tiemie, rooiwyn, aftreksel, tamaties en sojasous by. Bedek en prut vir ’n uur. 4. Voeg die cannelini-boontjies en orego by en prut vir nog 15 min. 5. Meng die spinasie by en laat verwelk. 6. Meng die basiliekruidblare deur en sit voor met parmesaan en die gebraaide spek.