Arien se kop voel dik na die baie vonkelwyn en Cari se pienk pil. Sy het so vas geslaap dat sy nie eens gehoor het toe Jos inkom nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die man langs haar in die bed ruik na laasnag se whisky en rook. Jos rook nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Iewers in die nag het die skakelaar van emosie in haar afgegaan. Sy is weer in zombie modus. Dis vir haar ’n veilige plek om te wees. Daar gee sy nie meer om wat Jos doen nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vandag is nie ’n dag vir ’n sexy pantie en ’n kantbra nie. Sy trek een van haar katoen bloomers en haar lunsriem bra aan. Ou bekendes. Geborgenheid. Sy wil nie vandag sensueel voel nie. Vandag wil sy niks voel nie.
Die tafel op die patio is nog gedek. Die romantiese kerse uitgebrand. Dit kan maar so staan tot sy krag het om dit weg te pak, besluit sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die sy-japon en nagjurk word in ’n bondel opgerol. In die lapa sit sy dit op Jos se Weber braai en steek dit aan die brand. Dit vat vinnig vlam en smelt weg asof dit nooit bestaan het nie.
Jos gaan haar nooit weer seermaak nie, besluit sy. Sy sal Maandag ’n prokureur gaan sien. Uit die verskeie terapeute en beraders wat sy al gesien het, onthou sy een ding. Sy kan nie Jos se probleem vir hom oplos nie. So lank hy nie beken hy het ’n probleem nie, kan niemand hom help nie. Die enigste situasie waarvan sy in beheer is, is haar en die seuns se lewenskwaliteit. Dit is tyd dat sy besluite daaroor neem. Sy en die kinders moes tot dusver aanpas by Jos se probleem. Sy gaan dit nie weer doen nie. Hulle verdien om gelukkig te wees. Deur die jare van Jos se drankmisbruik het sy en die seuns geleer om na niks uit te sien nie. As Jos belowe hulle gaan as gesin vir die dag uit, moet hulle eers wag om te sien of Jos by sy woord hou en of hy nie te veel gedrink het nie. Sy is moeg om die kinders teleur te stel of om hul pa se gedrag te verskoon. Haar en die kinders se geluk hang af van die toestand waarin Jos saans huis toe kom en dit is verkeerd. Hul naweke hang af van die graad van die babalaas waarmee Jos Saterdae wakker word. Dinge gaan nou verander.
Sy is dankbaar die seuns is die naweek weg. Sy wil alleen wees. Haar oornagsak het net die nodigste en die kar is vol petrol. Waarheen sy op pad is, weet sy nie, maar sy wil wegkom.
Kilometers blits verby. Sy skakel nie die radio aan nie. Salwende stilte. Haar foon lui. Dis Cari. Sy wil nie antwoord nie. Sy kan nie praat nie. Haar mond voel stom. Vandag wil sy haar eie kop uitsorteer sonder Cari. Sy los ’n stemboodskap op WhatsApp: “Ek is ok. Ek wil alleen wees. Praat later.” Cari sal verstaan.
Haar kop is leeg. Sy dink aan absoluut niks. Nie aan die kinders nie, nie aan Jos nie en ook nie aan Hendri nie. Sy sien nie die landskap om haar raak nie. Haar oë fokus op die snelweg wat haar wegneem van Jos.
Duskant Warmbad kom sy uit haar waas. Sy weet waarom sy in haar waas hierheen koers gekies het. Dit was nog altyd haar hawe as die lewe te veel raak.
Sy ry in die koers waar sy dink Moffatstraat is. Als is nuut en modern, maar bekende bakens neem haar na die huis. Ouma se huis. Dit lyk so klein en vervalle. As kind was dit vir haar ’n reuse huis. Die lemoenbome is nog daar. Hul stamme dik en verstok van ouderdom. Die huis staan leeg. Te Koop.
Sy gaan sit met haar bene opgetrek op die stoep en maak haar oë toe. Die ligte wind bring die geur van lemoenblare. Sy verbeel haar sy ruik haar Oupa se kersietabak en rooibostee. Ouma het die tee heeldag laat staan en prut. Die huis het altyd na rooibos en lemoen geruik. Op hierdie stoep het sy ure om gesit saam met die twee mense wat ankers in haar lewe was na haar ouers se egskeiding. Op universiteit het sy vakansies met haar kewertjie die pad Warmbad toe gevat.
Toe ontmoet sy Jos. Ouma het nie van Jos gehou nie. Sy het gedink Ouma was jaloers, maar Ouma het dalk geweet.
Laatmiddag staan sy op en gaan soek ’n gastehuis. ’n SMS van Jos kom deur. “Waar is jy en die kinders?” Sy ignoreer dit. Hy bel ’n paar keer en gee dan op. Hy stuur weer ’n SMS. “Ek is jammer.” Sy staar na die foon. Die woorde roer geen emosie in haar nie.
***
Die seuns is opgewonde oor hulle naweek. Sy luister tot by die huis oor die intriges in haar tienerseuns se lewens. Dit was vir hulle ’n lekker naweek. Sy is bly.
Jos sit voor die TV. Hy groet asof niks verkeerd is nie. Hy het die patio opgeruim en al die Woolies-kos opgeëet.
Sy trek woordeloos in die spaarkamer in. Nie Jos of die seuns sê iets nie.
Cari stuur ’n WhatsApp: “Jy ok?” Sy antwoord, “Ek gaan môre ’n prokureur sien. Ek is klaar met hom.”
Laatnag word sy wakker. Jos sit by haar op die bed.
“Ek het hulp nodig.” Sy skouers skud soos hy huil. Sy staar net na hom. Die lamheid in haar gees wil hom nie troos nie.
“Ek sal na ’n kliniek gaan. Ek kan jou en die kinders nie verloor nie.”
Hy vertel haar hoe die drankduiwel sy lewe begin oorneem het en hy nie meet beheer kon terugkry nie. Sy gewete het hom gepla oor haar en die seuns, maar die verslawing was erger.
Dan sê hy iets wat selfs haar lam gemoed skok.
“Ek is ook verslaaf aan kokaïne. Ek is diep in die skuld, Arien, en ek weet nie hoe ek ooit daaruit gaan kom nie. Ek gaan my werk verloor en ek kan nie jou en die kinders ook verloor nie.”
Hy smeek en soebat en bieg oor die vroue en die vergrype wat sy loopbaan en sy huwelik verteer het.
Sy ouers se onstabiele huwelik, boelies op skool, loopbaandruk. Jos blameer alles wat in sy lewe gebeur het. Arien is amper lus om te glimlag. Jos neem nog nie heeltemal verantwoordelikheid vir sy gedrag nie.
“Ek het Elim gebel en my tas gepak. Ek sal sorg dat ek vroeg daar is. Sal jy my steun? Sal jy my help?”
Dis asof haar brein nie die antwoorde kan kry op Jos se vrae nie. Hulle sit ’n ruk in stilte. Dan hoor sy haarself sê, “Ek weet nie of ek dit meer in my het om jou te help nie. Ek het net genoeg krag om my en die kinders te help.”
Jos laat sak sy kop in sy hande.
“Jy moet my help. Jy kan my nie nou in die steek laat nie.”
Dis asof sy nie beheer het oor watter boodskappe haar brein na haar mond stuur nie.
“Net jy kan jouself help. Jy moet self uit hierdie ding wegbreek. Jy moet self opstaan en aangaan. Ek en die kinders ook. Ons moet opstaan en weer begin lewe.”
Jos vererg hom. Hy beskuldig haar dat sy hom in die steek laat juis noudat hy bereid is om hulp te soek. Dan rammel hy ou verwyte af: Sy gee nie genoeg aandag aan hom nie; Sy steun hom nie in sy loopbaan nie … en dan die een wat haar selfs in haar newel seermaak. “Jy het jouself laat gaan. Jy kon bietjie meer moeite gedoen het.”
Die mooi vroue op kantoor was gaaf en vriendelik met hom en sy wat Arien is, was altyd net kwaad oor iets.
Jos se bekentenisse verander in ’n argument wat daarop neerkom dat sy hom na ander vroue gedryf het. Dis sy en die seuns wat te veel finansiële eise gestel het en hom gedryf het na ambisie om meer geld te verdien.
Deur sy monoloog dink Arien aan haar ou tweedehandse kar wat in die dubbele garage langs Jos se Mercedes staan en aan hulle geldsake wat lankal nie klop nie.
Jos staan op en klap die deur agter hom toe. Dis al skemer buite. Maandag. Daar is sekerheid wat in haar gemoed kom lê. Sy gaan vandag ’n prokureur sien ongeag Jos se bekentenisse en beskuldigings. Sy kan nêrens in haar wese iets vind wat haar oortuig om weer te probeer of om Jos by te staan nie.
Sy staan op om koffie te gaan maak. Sterk koffie wat haar gestel aan die lewe sal moet skop.
Jos staan in die kombuis. Hy het ’n glas whisky in die hand. Sy sê niks. Hulle sit in stilte langs die kombuistafel. Hy praat eerste.
“Wat het met ons gebeur, Arien?”
Sy weet alles is nie sy skuld alleen nie. Hulle het in die klassieke strik beland. Twee mense wat eens verlief was en verby mekaar begin leef het.
“Ek gaan vandag ’n prokureur sien. Ek gaan van jou skei. Al gaan jy kliniek toe, gaan ek voort. Jy moet jouself eers bewys voor ek van voor af sal begin.”
Sy beken haar foute en vermy beskuldigings. Dis of al die woorde van die nag in sirkels om hulle draai en niks maak meer sin nie.
Die seuns maak klaar vir skool en eet ontbyt asof dit ’n normale ding is dat jou pa sesuur die oggend met ’n bottel whisky by die kombuistafel sit.
Sy voel die kinders se spanning aan op pad skool toe. Sy sal met hulle moet praat, maar nie nou nie.
In die Conrad Drive-verkeer bel sy Cari. Cari luister rustig na haar vloed van woorde en emosie.
“Jy doen die regte ding, Meisie. Dink eerste aan jou en die seuns.”
Dan sê Cari iets wat haar verstom.
“As Jos homself regruk, kan jy besluit of jy weer wil probeer. Word jy eers gesond en wees goed vir jouself. En die seuns. Hulle het ’n ma nodig wat emosioneel gesond is. Sorteer dit eers uit voor jy aan Jos aandag gee.”
Die salon is besig. Die genade van roetine. Maar in haar kop steek een doelwit vas. Vandag bel sy ’n prokureur.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.