kategorieë: LeesOntspanning

Wipkar, hoofstuk 14

Cari wag Arien toemaaktyd by die salon se deur in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Jy kom nou saam met my. Dis tyd dat ek ’n paar G&T’s deur jou lyf jaag. En, moenie teenstribbel nie, ek het gesorg dat jou seuns versorg is. Is ek nie ’n goeie peetma nie? Het ek al aan jou genoem dat hulle dink ek is baie cooler as jy?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cari het die manier om met haar verbale diarree alle weerstand af te breek. Arien het veral vandag nie ’n kans teen die aanslag van haar passievolle vriendin nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons sit buite,” kondig sy by die Newscafé in Sandton aan. Ek het vir ons sigarillo’s gekoop. Kersiegeur. Vanaand gaan ek en jy kuier.”

Arien voel vaal en moeg. Cari sien dit dadelik raak en grawe ’n nuwe Dior-lipstif uit haar reuse rooi handsak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Kom, smeer aan. Dan verf ek en jy die stad rooi.”

Arien glimlag skeef. Sy weet Cari bedoel dit goed.

Die jong kelner smelt behoorlik voor Cari se Latynse sjarme.

“Vanaand sorg jy dat ek en hierdie girl bederf word. Ons wil nie ’n sekonde te lank wag vir diens nie. En as jy sien ons raak effe moeg, bel jy vir ons ’n Uber en jy laat ons by hierdie adres aflaai.”

Die jong man neem die kaartjie met die adres oorbluf.

“Oulike melkbaardjie,” spot Cari as hy wegskarrel. “Hy het duidelik nog nie ’n deurwinterde stadsvrou beleef nie.”

Cari steek vir hulle elkeen ’n dun sigaartjie aan. Arien stik effens, maar Cari lei haar sorgvuldig deur die proses van die verbode vrugte.

“Stadig suig, Meisie, Puff net. Dis mos net vir die show wat jy rook!”

Arien kan nie help om te lag nie. Sy is in haar wese ’n koekerige, konserwatiewe mens en ’n sigaartjie is die laaste ding wat sy ooit gedink het sy tussen haar lippe sal vasknyp. Sy het aan die begin saam met Cari skelm begin rook om Jos te irriteer. Hy het woedend geword as hy die rook aan haar klere ruik. Vreemde reaksie van ’n man wie se hemde gereeld na goedkoop parfuum geruik het.

Cari kan sien haar gedagtes dwaal.

“Tyd vir ’n lang pienk skemerkelkie. Jy verdien vandag een!”

Arien wil keer.

“Jy weet ek kan nie deurmekaar drink nie.”

Maar Cari het klaar in die rigting van die melkbaard beduie.

“Ons soek twee van daardie nuwe pienk bomme van julle.”

In die proses knipoog sy sommer vir die drie jong manne by die tafel oorkant hulle. Arien verstom haar hoe Cari haar been perfek en sensueel oor die ander een kan swaai. ’n Tegniek wat geen man kan weerstaan nie.

“Cari, gedra jou. Ek is nie lus vir vreemde geselskap nie. Onthou, ek gaan deur trauma.”

Cari blaas ’n bol kersierook in Arien se rigting.

“Kom nou, wil jy die manne ’n wyse ouer vrou soos ek se raad ontsê? Maar toemaar, ek speel net met hulle. Vanaand is dit net ek en jy. Jy gaan vergeet van Jos. Hy is op die oomblik op die beste plek moontlik. Dink net, hy lê in ’n bed en kan net ’n klokkie lui, dan is ’n vrou tot sy beskikking!”

Die twee vriendinne lag lekker en Arien voel hoe die spanning uit haar stywe ledemate sypel.

Die pienk drankie se naam is Cherry Blossom en dit streel Arien se gekweste siel. Sy glimlag selfs in die koers van die geesdriftige waarderende gehoor by die tafel oorkant hulle.

“Dis reg, laat dit gaan. Ek sal jou oppas, my pel. Vanaand het jy nodig om te laat gaan.”

Arien probeer haar bes om haar waardigheid te behou.

“Ek is die ma van twee tienerseuns en my man …”

Cari keer haar.

“En ek is jou vriendin en jou seuns se verantwoordelike peetma. Hulle is versorg en jy is in my veilige hande.”

Arien dink aan die sessie saam met Gerhard. Hy sal seker diep geskok wees as hy moet sien dat sy pasiënt, wat hy die ko-afhanklike van ’n alkoholis noem, by ’n trendy kuierplek in Sandton sit met ’n lang pienk drankie in een hand en ’n sigaar in die ander!

’n Jong meisie kom met ’n mandjie rooi rose verbygestap. Mans by die tafels langsaan koop vir hulle metgeselle rose en die metgeselle glimlag verleidelik.

Die meisie kom na hulle tafel gestap.

“Die mans by die tafel daar oorkant het vir elkeen van julle twaalf rose gekoop!”

Sy glimlag ingenome en oorhandig al die oorblywende rose in haar mandjie aan Cari en Arien.

Cari lig haar pienk drankie waarderend in die rigting van die jong manne en wink die melkbaard nader.

Sit dit asseblief vir ons in ’n ysemmer.

Cari se stem dreun voort en Arien verluister haar aan al die twak wat haar vriendin kan uitdink om haar van haar ellendige omstandighede te laat vergeet. Cari is ’n meester op die gebied van twak praat … as dit nodig is.

Voor die tweede pienk drankie jaag sy ’n bordjie snoepgoed en koffie deur Arien se gestel. Dan roep sy melkbaard weer nader.

“Nog pienk drankies vir jou twee sexyste kliënte.”

Die jong man knik sy kop geesdriftig, waarskynlik gedagtig aan die groot fooitjie wat hy verwag Cari hom aan die einde van die aand sal gee.

Met die tweede pienk drankie in haar hand, besef Arien dat sy die aand saam met Cari broodnodig gehad het. Cari se geselskap smeer strelende salf aan elke seerplek aan haar siel.

Skuins voor middernag roep Cari melkbaard nader om vir hulle ’n Uber te bestel.

By die huis rangskik sy die twaalf rooi rose in ’n vaas langs haar bed. Sy lê op haar sy en kyk na die rooi rose wat ’n wildvreemde jong man in ’n vrolike kuierplek vir haar gekoop het.

Die rose ruik sag en geurig. Dit meng met die kersiegeur wat aan haar klere kleef. Vir die eerste keer in dae raak sy rustig aan die slaap.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.