Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
45 ml (3 e) olyfolie
250 g blokkies dik spek
2 uie, gekap
2 wortels, gekap
2 preie, gekap l
2 selderye, gekap
4 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies (opsioneel)
1 groenbrandrissie, ontpit en fyn gekap (opsioneel)
10 ml (2 t) paprika
15 ml (1 e) gekapte knoffel
1gerookte varkpootjie- of skenkel
1 × 410 g-blik heel tamaties
2 liter water
1 bouquet garni met kombuistou gebind: tiemietakkies, pietersielie en lourierblaar l klein groen kool, gewas en in dun repe gesny
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige tot hoë hitte. Braai die spek daarin tot goudbruin en bros. 2 Voeg die uie, wortels, preie, seldery, aartappels, brandrissies en paprika by en braai vir sowat 15 min. tot goudkleurig. 3 Voeg die knoffel, varkvleis, tamaties, water en bouquet garni by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 2 uur. Geur met nog sout indien nodig. 4 Voeg die kool by die sop en prut vir nog 15 min. Sit met vars brood voor.