RESEP: Verruklike winterpizza
Voorverhit die oond tot 160 °C. Uitjies DeegVerruklike winterpizza
Ingredients
Instructions
1 Sit die uie, knoffel, tiemie en botter in ’n oondpan. Sprinkel die olie oor die knoffel en rooster vir 45 min. of tot sag en gekaramelliseer.
2 Meng die meel, gis en sout met ’n spaan in die mengbak van ’n elektriese staanmenger. Voeg die water stadig by en meng vir 3-5 min. met ’n lae spoed tot dit bymekaarkom. Meng vir nog sowat 4 min. Bedek met ’n vadoek en laat rus vir 30 min. of tot dubbel die grootte.
3 Verhoog die oondtemperatuur tot 210 °C en sit ’n bakplaat daarin om warm te word. Verdeel die deeg in 2, rol liggies uit en strooi van die vinkelsaad en speserymengsel oor. Rol die speserye in die deeg vas en rol die deeg dun uit.
4 Verf met olyfolie en knoffel en sit op die voorverhitte bakplaat. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin.
5 Druk die sagte knoffel uit die huisies uit en meng met die crème fraîche.
6 Pak die uitjies op die deeg, gevolg deur dennepitte, groot eetlepels van die knoffel crème fraîche, sagte orego- en tiemietakkies. Sny in stukke en sit voor.
Lees ook: