kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bietjie ‘af’ vandag? Toets jouself hier vir winterdepressie

Bietjie ‘af’ vandag? Toets jouself hier vir winterdepressie deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die hartjie van die winter en laatwinter slaan seisoenale affektiewe depressie, of SAD, die voltreffer afkorting daarvoor, sommer baie maklik toe. Ons ignoreer dit meestal en hoop dinge kom reg sodra die winter lig. Maar hoekom swaar kry, as jy dit maklik kan oplos?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wat jy moet weet oor depressie en seksuele gesondheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestaan winterdepressie werklik of sal jou dokter lag vir jou ‘ipekonders’?

Ja, dit bestaan regtig. Dit word nou erken. Die DSM-5 (die diagnostiese riglyne wat in Westerse geneeskunde wêreldwyd gebruik vir diagnose van psigiatriese siektes) erken dit nou volledig as ‘n gemoedsiekte.

Lyers ervaar ‘n tipiese patroon van depressie – depressie elke winter, terwyl talle ook noem dat hulle elke somer onverklaarbaar angstiger is.

Lees ook: Mans kry ook depressie

Ons weet nog nie regtig hoe winterdepressie ontwikkel nie en hoekom dit net party mense tref nie maar volgens die Amerikaanse NIH weet ons nou dat mense met SAD

  • spesifiek in die winter nie die vlakke van hul serotonien (die goedvoel hormoon) so goed as ander mense reguleer nie.
  • meer melatonien, die hormoon wat slaap reguleer, produseer. Dit verklaar waarskynlik hoekom mense met winterdepressie meer slaap en vaak en dof voel.
  • minder vitamien D maak. Hierdie vitamien, wat ook die sonskynvitamien genoem word omdat sonlig dit aktiveer, beïnvloed jou serotonien- en melatonienvlakke.

Lees ook: Is jou ouer depressief?

Is winterdepressie meer algemeen waar jy woon?

Dit maak saak waar jy woon. Dr Anna Coussens van UCT sê in haar oorsigartikel in die International Journal of Environmental Research and Public Health dat Kapenaars se ure somerson van ’n gemiddeld van elf ure per dag val na ‘n gemiddeld van net 5 ure, weens veral reën en mistigheid. As jy in ons sonnige binneland woon, verminder jou sonskyn slegs van ’n gemiddeld van tien ure per dag na ’n steeds stewige agt uur per dag in die winter.

Kapenaars en mense aan die Kaapse Suidkus moet dus in die winter met rondom die helfte minder sonlig klaarkom.

Ons het nie statistiek oor SAD in Suid-Afrika nie maar mens kan verwag dat die voorkoms hier goed sal vergelyk met die syfer vir ‘n ooreenkomstig sonnige plek soos Florida, VSA, waar een uit elke honderd mense in die winter SAD ontwikkel, terwyl dit in lande ver noord soos Alaska sowat 10% van mense tref.

Lees ook: Voel jou tiener eensaam?

Bipolêre depressie en SAD … en vroue

Mense met bipolêre depressie kan gerus hulself monitor vir winterdepressie, wys navorsing. Tot soveel as een uit elke vier lyers is in die winter meer geneig tot ’n baie erger depressie en/of raak in die lente en somer opvallend angstig en/of manies.

Dit word ook algemeen aanvaar dat vroue en jong mense (onder dertig) meer vatbaar is vir winterdepressie. Niemand weet hoekom nie.

Lees ook: Postnatale depressie bestaan regtig – een leser vertel

Toets jouself vir winterdepressie

  • Ons het ‘winter’ gedefinieer as die periode van Mei tot Augustus.
  • Met ‘enige tyd van die jaar’ word bedoel dat jy soms in die winter, soms in die somer die simptome opmerk. Jy sal byvoorbeeld net so maklik in die somer ooreet as in die winter.

Klik hier en toets jouself!

Wat jou toets oor winterdepressie verklap

Hoe meer kere jy die genoemde simptome aan die winterseisoen kan koppel hoe waarskynliker sukkel jy met SAD.

Wat as jy aan winterdepressie ly? Kry hier ’n moontlike oplossing vir winterdepressie.

Lees ook: 5 maniere om depressie te bekamp

Belangrike nota

Jy sal sien dat jy op al die vrae ook die keuse het om te antwoord dat die simptome jou die hele jaar deur pla.

Dit is uiters belangrik dat jy aandag gee aan simptome van goed gevestigde depressie, veral as jy op die meeste vrae gevoel het dat jy altyd sukkel met sekere simptome. Gaan spreek beslis ’n sielkundige, vir ’n behoorlike en professionele diagnose.

Daar is min verskil tussen winterdepressie en gewone depressie, buiten dat winterdepressie tipies saam met die einde van die winter lig.

Lees ook: Depressie – die verkeerdste maniere om dit te hanteer

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

15 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.