Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en dit verminder die kanse dat gesnoeide takke besmet sal word. Voor jy begin snoei, maak seker dat jy die regte gereedskap het om die taak te verrig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hier is ’n paar wenke van GARDENA voor jy jou snoeiprojek aanpak:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jou snoeiskêr moet skerp wees sodat dit ’n skoon sny maak. Stomp snoeiskêre veroorsaak geskeurde snye wat tot infeksie lei. Gebruik snoeiskêre om kleiner takke en uitlopers te snoei, en takknippers vir effens groter en sterker takke. Vir groot, dikker takke het jy ’n tuinsaag nodig.
Dis ’n goeie idee om terug te staan en mooi te kyk na die boom of struik voordat jy begin snoei. Sodra jy besluit het op die uiteindelike vorm, grootte en hoogte wat jy wil bereik, kan jy van die takke stadig begin snoei. Onthou om steeds af en toe terug te staan om seker te maak dat jy van die resultate hou.
GARDENA hou die grootste reeks snoeiskêre aan met basiese en gemaklike toerusting waarvoor daar ’n groot aanvraag is.
Hier is ’n paar riglyne waarmee GARDENA-snoeiskêre vir verskillende toepassings gebruik kan word:
Immergroen struike kan wanneer nodig gesnoei word, gewoonlik wanneer dit klaar geblom het. Maar as die bos gevorm moet word, is lente die beste tyd om dit te doen. Immergroen heinings kan enige tyd van die jaar gesnoei word.
Die beste tyd om vrugtebome te snoei, is laatwinter – laat Julie of vroeg Augustus. Perskes, pruime, appels, pere en appelkoosbome moet as volg gesnoei word: Konsentreer op die binneste takke in die middel van die boom sodat lug kan sirkuleer en ook sodat sonlig deur die orige takke kan skyn. Dit sal volgende jaar ’n goeie oes verseker.
Sitrusbome het selde ’n swaar snoei nodig – sny net enige dooie en/of siek hout af en dun dit goed uit.
Het jy geweet om te snoei is ’n noodsaaklike deel van tuinmaak? Dit help die plant met die volgende:
Nuttige wenke
Bypass: Dis wanneer twee grondlemme verby mekaar gly om te sny, om ’n akkurate en skoon sny te bied. Dit is vir jong, groen lote geskik.
Lees ook: Kry só jou tuin reg in Julie
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.