Die gestapelde hak-stewel
’n Gestapelde hak gee die illusie van dun lagies hout of ’n ander materiaal wat in lae gestapel is.
Toeryg-stewels
Daar is baie verskillende soorte geveterde-stewels: die oor-die-knie, super sexy toeryg-skoene wat Kylie Jenner dikwels dra, of hoë toeryg-stewels wat ’n bietjie boheems en prettig is. Vir ’n meer gemaklike voorkoms is daar ook stewels wat tot in die middel van jou kuit kom. En laaste maar nie die minste nie, is daar enkel-stewels wat saam met basies enige iets gedra kan word.
Die Chelsea-stewel
Chelsea-stewels is noupassende, enkel-hoë stewels met ’n elastiese sypaneel. Hierdie stewels het dikwels ’n lussie aan die agterkant, sodat dit maklik opgetrek kan word. Die stewels dateer uit die Victoriaanse era waar dit deur beide mans en vroue gedra is. Chelsea-stewels en variante daarvan word beskou as ’n ikoniese element van die sestigerjare in Brittanje.
Ons hou van
- Enkelstewel (R689, 95) Footwork
- Enkelstewel (R1 599) Green Cross
- Stewel (R2 449,95) Dune London
- Enkelstewel (Prys op aanvraag) Steve Madden
- Stewel met veters (Prys op aanvraag) Steve Madden
- Studio W.-enkelstewel (R999) Woolworths
- Enkelstewel (R1 499) Green Cross
- Enkelstewel (R1 649,95) Dune London
- Stewel (R3 199,95) Dune London
- Enkelstewel (Prys op aanvraag) Clarks
- Kurt Geiger enkelstewel (R3 995) Spitz