Tydens dié naweek van 20 – 22 Oktober, kan wynliefhebbers op die oewers van die Breede Rivier bymekaarkom om die plaaslike wynmakers, sjefs en produseerders se topklas produkte eerstehands te ervaar.
Geniet meer as 30 wynplase se bekroonde wyne, terwyl jy die natuurskoon, heerlike kos en goeie geselskap met elke teug inneem. Tog is dié fees nie net vir ’n volwasse gehoor bedoel nie! Daar is ook verskeie aktiwiteite vir die kleinspan, soos perd- en trekkerritte.
Vir dié wat hul lywe connoisseur wil hou, is daar die #TastetheLifestyle-tent wat verskeie opwindende geleenthede soos wyn-pilates, kos- en wynparings en verfklasse aanbied. Besoek www.wineonriver.com vir meer inligting.
Belangrike inligting:
Wat: “Wine on the River”-fees
Waar: Robertson Wynvallei
Wanneer: 20 – 22 Oktober 2017
Kaartjies te koop by Webtickets.