Windswael: Die brand deur Martie Swanepoel
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Toe ons ‘n ent uit Witbank ry, het ek die rook gesien.
50 km verder het dit geborrel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dis Hephzebah, het ek vir Giel gesê.
“Nee man, dis ‘n ander kloof,” het hy getroos.
Ons huis tussen die berge is vir my ‘n sielsplek en ek dink ek en Hephzebah het ‘n konneksie wat in my instink gewortel is.
Soos ons nader gekom het, het ek die bergkoppe getel. Twee van regs.
Die rook trek uit Hephszebah!
Dis soos ‘n stuk lood wat op die krop van jou maag kom lê. Veldbrande is hier ‘n groot gevaar. Die meenste mense in ons kloof het grasdakke.
Twee weke gelede het ons die gevaar afgeweer, maar die berge is kurkdroog en as die wind waai, hardloop die vuur. Ons het almal ekstra voorsorg getref na vorige brande. Die gebiede om ons huise kaler gesny, watertenks opgesit.
Lees ook: Windswael: Die koek
Ons het die kloof op gery. Oral het bakkies gestaan. Boere wat kom help het.
Die rook het hoër op geborrel.
Louis het op sy balkon gestaan. Hy was merkbaar onsteld. Erich en Annie se huis brand, het hy ons verwese meegedeel.
Lees ook: Windswael: Doolhof
Ek het uit die kar gespring en verder die kloof op gehardloop. Die vlamme het teen die hoogtes uitgeklim. Dit was ‘n verbysterende gesig. So onwerklik.
Mense het geskarrel. Brandblussers aangedra. Ma-Eli en Elias het met met die trekker en buffel gespuit. Vergeefs.
Ek sal nooit die oomblik vergeet toe ek in Erich en Annie se oprit gestaan het nie. Hul praghuis was ‘n bol vuur teen die aandlug.
Die veldbrand het sedert die vorige dag gewoed en hierdie twee mense het onverpoosd ander mense se huise help red. Hoe kan dit gebeur dat juis hulle huis afbrand? Twee jaar gelede het hulle ons huis gered! Hulle is die twee mense wat altyd daar is vir almal in ons kloof. Altyd! Hoe is dit moontlik? Hulle verdien dit mos nie?
Ek het Annie eenkant onder ‘n boom gekry. ‘n Verwese bondel mens. Die vrou wat altyd die sterk een tussen ons almal is.
Lees ook: Windswael: Die bergfee
Die veldbrand was ‘n halfuur tevore nog onder beheer. Almal het begin huis toe gaan. Tevrede dat als onder beheer is. Erich het vir hom ‘n bier ingegooi. Hy en Annie het in hul oprit gestaan en gekyk na die veroestende pad wat die vlamme teen die berg geloop het.
Toe ruik Annie iets vreemd, en toe sy omdraai, toe brand haar huis se grasdak!
Sy en Erich het probeer keer. Die brandblusser kon niks uitrig nie. Die watertenk, wat Erich dae tevore geinstalleer het, was nutteloos want die krag was reeds af. Die vlamme het binne minute so erg geword, dat hulle absoluut niks kon red nie.
Annie het hulp gevra oor die radio. Almal wat pas huis toe gekeer het nadat hulle gedink het die brand is onder beheer, het kom help.
Maar dit was te laat.
Lees ook: Windswael: Paaie
Wat doen jy as twee geliefde mense verpletter staan en toekyk hoe 51 jaar van hulle lewe afbrand? Erich was ‘n kolonel in die weermag met ‘n geskiedenis wat saam sy medaljes en foto’s verswelg is. Hul kinders se foto’s, klein ornamentjies van wêreldreise. Vir ander mense twakkies, maar dinge wat in die legkaart van hul kleurryke lewe ingepas het.
Hulle het met die klere aan hul lyf voor hul brandende huis gestaan. Erich se broek was byna van sy lyf af gebrand.
Hoe troos mens?
In so ‘n vallei leef mense na aan mekaar. Ons het almal verwese daar gestaan.
Ek het kalmeerpille gaan haal en ‘n oornagsakkie gepak. Doug en Jenny het slaapplek aangebied.
Ek dink niemand het daardie nag geslaap nie. Dit was asof iemand in ons gemeenskap dood is. Elke keer as ek by ons venster uitgekyk het en die rooi gloed in Erich en Annie se rigting gesien het, wou ek huil.
Die volgende dag kon mens sien hoeveel mense omgee. Van buurplase het mense met tasse vol klere en sakke kruideniersware gekom.
Erich is ‘n man wat sal gaan toesig hou as daar werkers by jou huis is en jy nie naby kan wees nie. Hy sal jou tuin natgooi as jy met vakansie is. Hy en Annie is nie bloedjonk nie, maar is al vir jare die voorste brandslaners in die vallei. Niks is ooit vir hulle te veel moeite nie.
Lees ook: Windswael: Eenvoud van geloof
Die volgende dag het ‘n diep depressie oor my gesak. Hoe kan so ‘n wrede ding gebeur met twee liewe mense? Hulle is baie beter Christene as ek. Hoekom is ons huis gespaar en hulle huis in puin?
Ek het God gevra wat sy doel met hierdie ding is. Dis dan twee mense wat elke dag na aan Hom leef en sy beskerming oor hul huis afbid?
Hulle situasie het my aan Job laat dink. Ek het in die dae na die brand soveel by hierdie twee mense geleer, Hulle was verpletter, maar hul geloof het soos betonpilare bo die puin van hul huis uitgerys.
Die versekeraars het deur die puin kom sif. Agt van Erich se tien medaljes is uitgehaal. Medaljes wat hy gekry het vir gevegte in die grensoorlog waarin hy in lewensgevaar sy land verdedig het.
Die afgetrede kolonel het gehuil oor elke medalje wat uit die as gered is. Die grens kon hom nie onder kry nie, maar die brand het hom ‘n lae hou geslaan.
Munte, stukke gesmelte juwele, gesmelte horlosies. Daar het niks bruikbaar uit die puin gekom nie.
Hulle kinders het lankal gesê hulle moet hul gemors opruim, want hulle sien nie kans om dit na hul dood te doen nie.
“Nou het die Here als opgeruim,” meen Annie.
Hulle weet nie of hulle weer in ons pragtige kloof sal bou nie.
“Miskien gee God ons ‘n rigtingwyser weg van die kloof?”
Hierdie mense se geloof is ‘n getuienis wat my ‘n les geleer het.
Lees ook: Windswael: Alleenvlug
Van die mense by wie se huis Erich al uit liefdesdiens toesig gehou het oor werkers, het duisende rande se klere en ‘n splinernuwe rekenaar geskenk.
Oud weermagkollegas het gebel en hulp aangebied.
Payback time vir die ekstra myl wat hulle altyd vir ander loop.
Die dag na die brand het nog ‘n verwoestende brand plase in die omgewing vernietig. Erich en Annie se seun het alles gelos en gaan help. Dis die soort mense wat hulle is.
Tydens ‘n pity-paartie oor ‘n kleinigheidjie in die dae daarna, het ek myself vermaan.
Ek was besig om aan te trek en het my panty-laai oopgetrek. My panties lyk nie meer te goed nie, maar ek het hulle nog, het ek besef. Ek kon darem een panty vir ‘n vriendin in nood gee, en ek weet sy sou dit vir my ook gedoen het.
Trouens, ek dink sy sou baie meer gedoen het.
Lees ook: Windswael: Engel van karre
Lees Martie se ander blogs vir ons – klik hier
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.