KOMPETISIEREëLS
Om in te skryf moet deelnemers die aanlyn vorm invul:
1. Hulle moet hul volle naam, telefoonnommer en e-posadres gee, waar hulle woon en’n vraag beantwoord.
2. Hulle moet ook ’n paragraaf (maksimum 500 woorde) skryf waarin hulle verduidelik waarom hulle verdien om die troue van hul drome te wen.
Slegs een wenner sal gekies word, alhoewel die kompetisie in 4 tydskrifte en hul webtuistes bemark word, naamlik:
1. Women & Home
2. Rooi Rose
3. Bona en
4. Getaway
Elke deelnemer moet ’n kopie van die tydskrif byderhand hê om te kwalifiseer.
Die kompetisie begin op 1 Oktober 2023 en dit sluit die 15de Desember 2023. Inskrywings wat ná die sluitingsdatum ontvang word, sal nie in aanmerking geneem word nie.
Die wenner sal deur ’n paneel van beoordelaars gekies word. Hulle maak hul keuse op grond van die kreatiwiteit, oorspronklikheid en egtheid van die deelnemer se paragraaf. Die beoordelaars se beslissing is finaal en daar sal nie in verdere korrespondensie daaroor toegetree word nie.
Die wenner sal per e-pos in kennis gestel word en sal teen Januarie 2024 gebel word. Die wenner moet per skrif bevestig dat hulle binne 14 dae nadat hulle in kennis gestel is, die prys aanvaar, of hulle verbeur hul prys.
Die prys bestaan uit ’n troupakket ter waarde van R464 657,00 (vierhonderd vier-en-sestig duisend seshonderd sewe-en-vyftig rand) en sluit die troulokaal, spyseniering, fotograaf, blomme, troubeplanning, rok, ringe, uitnodigings en wittebrood in. Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en mag volgens die wenner se voorkeure en begroting verskil.
Die prys is nie-oordraagbaar en kan nie vir kontant of ander goedere en/of dienste uitgeruil word nie.
Die wenner is verantwoordelik vir enige belasting, fooitjies en/of ander uitgawes wat nie in die prys ingesluit is nie. Verder is die wenner verantwoordelik daarvoor om die nodig reisdokumente, visums, versekering of gesondheidsvereistes vir hulself en hul gaste te verkry.
Die wenner stem in om in enige publisiteit en/of promosiebedrywighede aangaande die kompetisie deel te neem en om die borge toe te laat om hul naam, foto’s en/of opstel vir bemarkingsdoeleindes vir verdere vergoeding te gebruik.
Die borge behou die reg voor om die kompetisie te verander, op te skort en/of te kanselleer in die geval van bedrog, tegniese mislukkings en/of ander omstandighede wat buite hul beheer is wat die regverdigheid en of integriteit van die kompetisie beïnvloed.
Rooi rose aanvaar geen aanspreeklikheid vir borge wat nie hul ooreenkoms nakom nie.
Wanneer hulle vir die kompetisie inskryf, stem deelnemers in om hierdie bepalings en voorwaardes na te kom en om die borge en enige van die geaffilieerde partye van enige aanspreeklikheid vry te stel wat met die kompetisie of prys te make het.
Werknemers en onmiddellike familielede van die werknemers van Highbury Media T/A Habari Media (Pty) Ltd kan nie in aanmerking vir die kompetisie kom nie.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
Die kompetisie is slegs vir Suid-Afrikaanse inwoners. Deelnemers moet 18 (agtien) jaar en ouer op die dag van die inskrywing wees.
1. Boschendal
a. Ons aanbod sluit drie (3) peuselhappies per persoon en ’n driegangmaaltyd in. Ons maak voorsiening vir ’n totaal van 40 mense.
b. ’n Fooitjie is reeds by die prys ingesluit en is op grond van die peuselhappies en driegangmaaltyd uitgewerk.
c. Die dag wat die troue plaasvind is onderhewig aan beskikbaarheid tussen Julie en November 2024.
d. Die troulokaal is beskikbaar vir die paartjie se gebruik vanaf 08:00 die oggend van die troue tot middernag.
e. Rhone Homestead-lokaal sluit standaard eetgerei, breekgoed en glasware in so wel as tafels en stoele vir 40 gaste.
f. Boschendal Wedding se gewone voorwaardes en bepalings is ook van toepassing op hierdie pakket.
Nie ingesluit by die pakket nie:
• Alle drankies moet deur Boschendal van ons geleentheidslys verskaf word en dit moet vir die paartjies of die gaste se eie rekening wees. Geen drankies word by die prys ingesluit nie.
• ’n Fooitjie van 10% (tien persent) sal tot die drankies wat gedrink word, gevoeg word.
• Sou die paartjie die spyskaart wou verander of toevoegings maak, sal die ekstra kostes sowel as ’n verdere 10% fooitjie geld wat vir die paartjie se eie rekening is.
• Geen akkommodasie is in die pakket ingesluit nie en is onderhewig aan beskikbaarheid. Dis ook vir die paartjie se eie rekening.
• Boschendal benodig ’n R10 000 terugbetaalbare breekskadedeposito wat die paartjie moet betaal wanneer die wenner aangekondig is. Dit sal aan die paartjie ná die troue terugbetaal word tensy enigiets gebreek is of as daar skade was.
• Enige ekstra kostes wat die faktuur beïnvloed moet ten volle vooraf deur die paartjie betaal word – dit is minstens 21 dae voor aankoms.
• Die lokaal is beskikbaar tot middernag. Sou die paartjie dit tot 02:00 wou maak, sal ekstra lokaalhuur en oortydtariewe van personeellede geld.
• Sou die paartjie meer as 40 gaste teenwoordig wil hê, sal die ekstra koste ook vir die paartjie se koste wees.
• Veertig mense kan in die lokaal sit. Sou die paartjie hierdie getal wou vermeerder, is die maksimum vir 80 gaste en ’n ander opsie in die geval van ongure weer sal vir die paartjie se eie onkoste wees.
2. Murdocks
Oorspronklike 18 ka-geelgoudring. Die grootte is volgens wenner se goeddunke. Enige waarde van die ring wat die pakket van die borg oorskry, is vir die wenner se eie rekening.
3. Wittebrood by Jock Safari Lodge Geldig tot Nov 2024
• Die geskenkbewys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir geld omgeruil word nie.
• Verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.
• Ekstra kostes wat nie genoem is nie, is uitgesluit. Dit is: SANParke se bewaringstarief, reiskostes, fooitjies volgens die wenner se goeddunke, alkoholiese drankies van topgehalte, oproepe, wasgoed, spa en enigiets wat van die geskenkwinkel gekoop word. Dit is alles vir die paartjie se eie onkoste.
4. Blanco Bridal Couture
• Een huurtrourok vir die bruid (die wenner van die kompetisie).
• ’n Keuse van rokke is beskikbaar en sal aan die wenner beskikbaar gemaak word sodra die wenner Blanco besoek om haar rok te kies.
• Rokgroottes wissel van 8 tot 14.
• Rokverstellings moet by Blanco Bridal Couture in Vredehoeklaan 48, Kaapstad, gemaak word.
• Die rok moet twee dae voor die bruid se troue afgehaal word en dit moet twee dae ná die bevestigde troudatum teruggebesorg word.
• Verstellings word 4-6 weke voor die troue gedoen.
• Die prys is geldig tot November 2024.
• Die huurrok kan nie vir geld omgeruil word nie en kan nie aan iemand ander oorgedra word nie.
5. Zorgvliet Wine Estate
• Die borge se gewone voorwaardes en bepalings geld en verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.
• Geldig tot November 2024.
6. Weddings By Marius
• Marius sal met die wenpaar werk om met verskaffers te koördineer en te skakel, hy sal ekstra verskaffers vind indien nodig en hy sal uitvoering van die trouplanne tot die spesiale dag oorsien.
7. Summerheart Photography
• Onderhewig aan beskikbaarheid en geldig tot November 2024.
8. Classic Rides
• Geldig tot November 2024
• Neem asseblief kennis dat die twee motors wat vir die prys gebied word, is die 1956 Rover en die 1938 MG Tickford.
9. Uitnodigings en plekaanduidings
• Cards by Nadia Geldig tot November 2024
10. Amy Cottle’s Events
• Ruiker, skouerruikers en knoopgatjies vir trougeselskap. Geldig tot November 2024.