Die Eyelure Naturalites-wimpers is maklik om aan te wend en ook eenvoudig genoeg om te verwyder. Vir ’n natuurlike, voller voorkoms gebruik Eyelure Naturalites.
Tel die wimpers versigtig op met ’n haartangetjie. Moenie te hard druk nie, dit kan moontlik die sagte wimpers beskadig.
Stap 2
Gebruik nou die gom en wend ’n dun lagie daarvan op die wimper aan (moenie bekommerd wees oor die wit kleur van die gom nie, dit word deursigtig droog).
Stap 3
Wag nou ’n paar sekondes totdat die gom taai raak, druk dan die wimper net bo jou eie wimperlyn vas.
Stap 4
Gebruik jou vingerpunte en druk sagkens die wimpers aan beide kante van jou wimpers vas, sodat die vals wimper nou mooi sit.
WENK: Jy kan maskara bo-oor die vals wimpers gebruik vir ’n dramatiese effek. Maar moet eerder nie maskara aanwend as jy weer die wimpers wil gebruik nie.