kategorieë: Grimering

Kry die mooiste wimpers

Gerhard Naude, grimeerkenner van Bobbi Brown, deel sy raad oor wimpers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste stap is om jou wimpers te krul. Dit is ’n wimper-redder as jou wimpers baie reguit is. Maak seker jou wimpers is altyd maskara-vry voor jy dit krul, andersins mag dit dalk afbreek. As jy nie ’n wimperkruller het nie, gebruik jou vingers en druk die wimpers opwaarts terwyl die maskara droog word. Moenie jou maskara in die buisie pomp nie, dit stuur lug in die buisie en laat jou maskara vinniger droog word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Wend die produk altyd van onder jou boonste wimpers aan en begin by die basis. As jy van bo af aanwend maak dit die wimpers swaar en jou wimpers sal meer reguit vertoon. Vir meer dramatiese wimpers wend tot drie lagies maskara aan. Om seker te maak die maskara vorm nie klonte nie, wag 2 of 3 sekondes tussen lae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy kan ook ’n skoon maskara- of wenkbrou-borsel gebruik om van klonte ontslae te raak. Waterdigte maskara is goed vir wanneer jy ’n paar trane gaan stort of wanneer dit baie warm is, onthou net om ’n grimeerverwyderaar te gebruik anders bou daar ’n lagie maskara op wat jou wimpers makliker sal laat afbreek.  Jy kan eerste die gewone maskara aanwend en dan volg met die ‘n waterdigte maskara bo-oor, wat dan soos ’n reënjas werk en die eerste maskara voller en waterdig maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy die maskara wil los en soek na ‘n meer permanente oplossing, kyk gerus na hierdie bekostigbare behandelings vir wimper verlengings op Daddy’s Deals.

Lees ook: Tuissorg-gesigbehandeling – doen dit self!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

3 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.