William Kentridge se beeldhouwerke is nou by die Norval-stigting te sien inligting en foto’s verskaf, versorg deur Catherine Schenck.
William Kentridge se beeldhouwerke is nou by die Norval-stigting te sien
Jy kan nou na Kentridge se uitstalling Why Should I Hesitate: Sculpture by die Norval-stigting in Kaapstad gaan kyk. Kentridge het dié driedimensionele kunswerke die afgelope 19 jaar gemaak. Dit is die eerste uitstalling wêreldwyd wat na sy werk as beeldhouer kyk.
Die uitstalling sluit werk uit verskeie reekse in, wat bewys lewer van sy langdurige en spontane improvisering wanneer hy met die driedimensionele vorm omgaan.
Why Should I Hesitate: Sculpture wys hoe hierdie werke, wat rekwisiete in sy operas was, of as beelde in sy animasies gedien het, van die verhoog afloop en uit die skerm uit klim om ons direk op oogvlak te konfronteer.
Why Should I Hesitate: Sculpture stal ook nuwe werke uit wat spesiaal vir hierdie besonderse uitstalling geskep is.
Die uitstalling is ook die grootste Kentridge-uitstalling in Afrika in meer as ’n dekade.
Om dit nog beter te maak is daar in dieselfde tydperk ook ’n uitstalling by die Zeitz MOCAA genaamd “Why Should I Hesitate? Putting Drawings to Work”.
Uitstalling-kurators: Karel Nel, Owen Martin
Kuratoriese en openbare programkoördineerder: Vicky Lekone
Kuratoriese en versamelingsassistent: Talia Naicker
Tegniese assistent: Mervyn van Rooyen
Bemarking- en kommunikasiekoördineerder: Luke de Kock
Grafiese ontwerper: Daniel Rautenbach
William Kentridge se uitstalling by die Norvalstigting
Naam van uitstalling: Why Should I Hesitate: Sculpture
Plek: Atrium en galerye 2-8, Norval-stigting, Steenbergweg 4, Tokai
Datums: 24 Augustus 2019 – 23 Maart 2020
Uitstalling-kurators: Karel Nel, Owen Martin, Talia Naicker, Vicky Lekone
Het jy geweet? Ons het ons Junie-uitgawe se voorblad met Amalia Uys by die Norvalstigting geskiet. Loer hier
William Kentridge se uitstalling by die Zeitz MOCAA
Naam van uitstalling: Why Should I Hesitate: Putting Drawings To Work
Plek: Vlak 3 galerye, en regdeur die museum, Zeitz MOCAA; Silo-distrik, V&A Waterfront
Datums: 25 Augustus 2019 – 23 Maart 2020
Uitstalling-kurators: Azu Nwagbogu, geassisteer deur Tammy Langtry